Meer as 5 600 eerstejaars skryf in by NWU








Meer as 5 600 eerstejaars skryf in by NWU

Na raming sal daar vanjaar sowat 5 650 eerstejaars by die NWU registreer. Hiervan sal ongeveer 1 500 op die Mafikengkampus, 750 op die Vaaldriehoekkampus en 3 400 op die Potchefstroomkampus registreer.

Die eerstejaars op die Potchefstroomkampus is op Saterdag, 20 Januarie 2007 amptelik deur die Rektor, prof. Annette Combrink, verwelkom. Op die Mafikengkampus het die Rektor, prof. Dan Kgwadi, die nuwelinge op Maandag 22 Januarie welkom geheet. Eerstejaars op die Vaaldriehoekkampus sal op Vrydag, 2 Februarie deur die Rektor, prof. Piet Prinsloo, verwelkom word.

Nadat die eerstejaars amptelik ontvang en verwelkom is, volg daar op al drie kampusse bekendstellingsprogramme om die eerstejaars te help om tuis te voel in hul nuwe omgewing.

Op die Mafikeng- en Potchefstroomkampus begin hierdie bekendstellingsprogramme op Maandag, 22 Januarie. Die verwelkomingsweek vir eerstejaars op die Vaaldriehoekkampus vind vanaf 2 tot 9 Februarie plaas en word afgesluit met 'n eerstejaarskonsert in die Vereeniging Stadskouburg.

