Proses om universiteitsbestuur aan te stel






Verklaring uitgereik deur Shamiela Letsoalo (Link: mailto:bkksl@puk.ac.za), 18 Junie2004

Die nuwe Noordwes-Universiteit (NWU) is die eerste van die saaamgesmelte universiteite om 'n proses vir die aanstelling van sy topbestuur te begin.

Die instelling het die voortou geneem deur die proses goed te keur tydens vandag se raadsvergadering.  Di stap is geneem te midde van vrae oor werksekuriteit en permanensie onder personeel van saamgesmelte universiteite en universiteite wat binnekort saamsmelt. Tydens vandag se vergadering het die raadsvoorsitter, mnr. Litha Nyhonyha, ges dat hierdie besluit weereens wys dat die NWU-samesmelting die voortou neem in terme van stabiliteit, kwaliteit, opleiding en navorsing.  Volgens mnr. Nyhonyha is die besluit geneem in die belang van sekerheid en personeelmotivering.

Die proses om die senior bestuur aan te stel, sal deur 'n raadskomitee gefasiliteer word wat aanbevelings rakende geskikte kandidate vir die poste aan die Raad sal maak.  Die poste sluit di van viseprinsipaal, kampusrektore, institusionele registrateur en institusionele direkteure in.  Hierdie poste sal intern geadverteer word, waarna die relevante kandidate die nodige bevoegdheidstoetse sal afl.  Sodoende volg die  raadskomitee 'n absorpsie strategie wat beteken dat beskikbare kandidate in lyn gebring sal word met die vakante poste.  Formele onderhoude sal gevoer word in gevalle waar meer as een kandidaat aansoek gedoen het.  Die faktore wat in ag geneem sal word sluit bevoegdheid, ervaring, ekwiteit, transformasie, kontinuteit en die advies van die visekanselier, Institusionele Forum, Senaat en die kampus bestuurskomitees in, waar toepaslik.

Die uitvoerende komitee van die Raad het benadruk dat die proses voldoen aan die kriteria van legitimiteit, deursigtigheid, stabiliteit, effektiewe bestuur, ekwiteit en transformasie.  Die Raad beplan om die aanstellings tydens sy volgende vergadering te maak.

In nog 'n opwindende verwikkeling, is die voormalige premier van die Noordwes Provinsie, dr. Popo Molefe, aangestel as kanselier van die universiteit.  Dr. Molefe was premier van die Noordwes vanaf 1994 tot 2004.  Die kanselier is 'n titulre posisie en sal die simboliese "gesig" van die universiteit wees.

