NWU, new brains for the North-West University






NWU gaan Sokkerinstituut van stapel stuur

Die Noordwes-Universiteit (NWU) beplan om in 2007 'n Sokkerinstituut op hul Mafikengkampus tot stand te bring.

Die Instituut is daarop gerig om studente holisties te ontwikkel en die Universiteit is ook daartoe verbind om geleenthede en steun te voorsien vir die ontwikkeling van sport op alle vlakke. Die ervaring wat oor die jare deur die NWU se Rubyinstituut en Krieketakademie opgedoen is, sal in hierdie onderneming handig te pas kom.  Aanvanklik sal 40 studente by die Instituut registreer.

Die Instituut sal alle bestaande akademiese diploma- en graadprogramme aanbied, asook 'n diploma in Sportwetenskap met die fokus op sokker.  Voorsiening sal gemaak word vir opleidingskursusse en oefenkampe vir sokkerafrigters op skool-, klub-, provinsiale en nasionale vlak.

Een van die NWU se onmiddellike doelwitte met betrekking tot die Instituut is om sokker as 'n katalisator te gebruik vir opvoedkundige en gemeenskapsontwikkeling en om die opbou na die 2010-Wreldbeker te gebruik om die Sokkerinstituut op die Mafikengkampus tot stand te bring en sodoende 'n sigbare en waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van sokker in die provinsie en in die land in die geheel te lewer.





