NWU, new brains for the North-West University






NWU gaan unieke onderneming ter waarde van R15 miljoen aan
n Ooreenkoms van R15 miljoen is tussen die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit en BioPAD onderteken om n unieke metaboliese platform op die kontinent tot stand te bring.

Twee derdes van die geld sal deur die Skool vir biochemie aangewend word om tegnologie in laboratoriums te vestig, terwyl die res oor drie jaar gebruik sal word om dit te bedryf.

"Die totstandkoming van die platform staan aan die voorpunt van die wetenskap wreldwyd en is n groot stap vorentoe in biotegnologiese innovasie," s die bestuurder van Biotegnologie in die Departement van Wetenskap en Tegnologie, mnr. Ben Durham.

Volgens die projekleier, prof Carools Reinecke, kom die inisiatief vir die projek van die uitvoerende bestuurder van bioPAD, mnr Butana Mboniswa.  Die aansoek vir die platform is gegrond op die bestaande metaboliese tegnologie by die Potchefstroomkampus en verdere kundigheid wat tydens besoeke aan vyf metaboliese sentrums in Europa opgedoen is.





