NWU, new brains for the North-West University






Ontmoet die nuwe voorsitter van die Raad

Dr Lydia Sebego is tydens die Raadsvergadering wat op 24 November 2006 gehou is tot die nuwe voorsitter van die Raad verkies.

Haar verkiesing het 'n vakature in die amp van ondervoorsitter van die Raad tot gevolg gehad. Mnr Peet van der Walt is vervolgens as die nuwe ondervoorsitter van die Raad verkies.

Ander lede van die Uitvoerende Komitee
Twee lede van die Uitvoerende Komitee van die Raad (benewens die voormalige voorsitter van die Raad) was nie meer beskikbaar om in die Uitvoerende Komitee te dien nie.

In die geval van dr Johan van Zyl sal hy egter as voorsitter van die Finansile Komitee aanbly, terwyl die termyn van dr Leon Wessels op 11 Februarie 2007 sal verstryk.

Die vergadering het mnr Flip Buys en mnr OJJ Tabane verkies om onmiddellik vanaf hul verkiesing in die Uitvoerende Komitee te dien.

Eksterne Raadslid in die IF
Die Raad het dr Neels Smit aangewys om hulle in die Institusionele Forum te verteenwoordig.





