Mafikengkampus heropen vir studente






Verklaring uitgereik deur Maryke Steenkamp (Link: mailto:bkkms@puk.ac.za), 12 Mei 2004

Mmabatho: Na aanleiding van die ontwrigting van akademiese bedrywighede en onrus op die kampus wat uiteindelik gelei het tot die sluiting van die Mafikengkampus op 5 Mei 2004 verlede week, het die bestuur vandeesweek 'n vergadering bel met die studenteraad (SR) sowel as verteenwoordigers van die studentefront, om kwessies wat deur studente geopper is en die moontlike hervatting van akademiese bedrywighede op die kampus te bespreek. Na intensiewe onderhandelings en toegewings aan die kant van alle betrokke partye het die bestuur besluit om die kampus Vrydag 14 Mei 2004, om 12:00 vir studente te heropen ten opsigte van noodsaaklike dienste, soos die biblioteek en rekenaarlaboratoriums. Klasse sal egter eers op Maandag 17 Mei 2004 hervat.

Voorts het alle partye ooreengekom op 'n memorandum van ooreenkoms wat die grondslag vir toekomstige interaksie tussen die bestuur en die studente van die Mafikengkampus sal verteenwoordig. Die volgende kwessies is deel van die memorandum van ooreenkoms (MVO) waarop die partye ooreengekom het:

Om die skorsing van 8 studente wat op 6 en 8 April 2004 geskors is op te hef. Die partye het ooreenkom om die uitvoerende komitee van die raad te versoek om 'n eenmankommissie, onafhanklik van die Universiteit, aan te wys om die klagtes teen bogenoemde studente te ondersoek in die konteks van die gebeure wat aanleiding gegee het tot die sluiting van die kampus op 5 Mei 2004.

Dat die interdik wat op 6 Mei 2004 verkry is, opgehef word en dat die MVO 'n hofbevel gemaak word. Die partye het ook ooreengekom dat alle studente die ooreengekome optrede sal respekteer (bv. geen ontwrigting van onderrig, eksamens of enige ander wettige bedrywigheid van die Universiteit nie; geen gewelddadige optrede of dreiging van enige student of personeellid nie; geen optrede soos die verbranding van bande nie, ens.).

Daar is kennis geneem daarvan dat die herstruktureringsproses van die studentebestuur op die Mafikengkampus moet plaasvind in ooreenstemming met die vereistes van die Wet op Hor Onderwys, artikel 32(2) en paragraaf 37(4) van die Standaard Institusionele Statuut, sowel as 'n resolusie van die raad van die Noordwes-Universiteit van 7 Mei 2004, ingevolge die Standaard Institusionele Statuut en die Wet op Hor Onderwys.

Dat die onderhandelingsproses rakende die oorblywende kwessies (bv. die konstitusie van die institusionele SR; die konstitusie van die Mafikengkampus se SR; registrasieprobleme; Nasionale Studente Finansile Hulpskema (NSFAS); sekuriteit op kampus; verhoging in studentegeld; ondergekwalifiseerde personeel; akkommodasie; biblioteek; studente- dissiplinre kode) wat aanleiding gegee het tot die onrus op die kampus voortgesit moet word tydens 'n forum wat bekend sal staan as die Kampusonderhandelingsforum en wat voor 21 Mei 2004 daargestel moet word. Hierdie forum sal inklusief wees ten opsigte van alle studente en die raad moet hierdie proses onderskryf tydens sy volgende vergadering.

Wat betref die herbeplanning van die akademiese program vir hierdie semester is die volgende besluit:

Die bestuur, in samewerking met die dekane van die fakulteite, het besluit dat die eksamens wat volgens die Universiteit se jaarboek vir 24 Mei 2004 geskeduleer was, geherskeduleer word om vanaf 31 Mei 2004 tot 9 Junie 2004 plaas te vind. Hierdie eksamens sal geskeduleer word om op ook op Saterdae en Sondae plaas te vind.

"Ek wil graag beklemtoon dat dit 'n deurbraak vir alle partye is, en dat die samesprekings wat hierdie week gehou is, 'n manifestasie is van die goeie dinge wat voorl. Dit het 'n nuwe hoofstuk vir die kampus en die instelling as geheel ingelei, om vorentoe te beweeg en te verseker dat hierdie instelling een van die bestes in die land word. Al die partye het getoon dat hulle beskik oor goeie leierskap en die bereidwilligheid om dinge te bereik waaroor ander instellings nog tob," het dr. Takalo, rektor van die Mafikengkampus, ges.

Die bestuur bedank graag al die partye vir hulle geduld tydens die uitdagende tye wat ervaar is sedert die begin van die jaar.

Hierdie reeks gebeure verteenwoordig 'n nuwe begin vir die proses van samewerking en sinergie by die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit en moet gesien word as 'n belangrike eerste voordeel van die samesmelting tussen die twee voormalige universiteite.

