NWU, nuwe breinkrag vir Noordwes-Universiteit






Nuwe breinkrag vir die Noordwes-Universiteit

Die geledere van die navorsingsgemeenskap aan die Noordwes-Universiteit is deur beikomende breinkrag verstek. Navorsingskundige, prof Amanda Lourens, is met ingang van die 1 Februarie 2006 as direkteur van die Institusionele Kantoor vir Navorsingsondersteuning aangestel.

Lourens, wat van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) afkomstig is, bring `n ryk navorsingskennis wat oor meer as 15 jaar afgebou is saam met haar. Sy neem die pos oor van haar voorganger, prof Jan Geertsema, wat onlangs afgetree het, hoewel hy steeds die kantoor op `n deeltydse grondslag sal bystaan.

Sy het haar luisterryke loopbaan as `n junior lektor aan die Universiteit van Pretoria begin. In 1996 het sy haar by die Technicon Pretoria (nou die TUT) aangesluit, waar sy verskeie senior leierskapsposisies beklee het. Sy was onder andere instrumenteel in die ontwikkeling and implementering van die TUT se beleid en strategie vir navorsing en ontwikkeling.

In 2004 is sy in die Fakulteit Natuurwetenskappe as buitengewone professor in statistiek aangestel.

Sy is goed bekend in navorsings-sowel as akademiese kringe en het reeds wyd in gesaghebbende vaktydskrifte in Suid-Afrika gepubliseer. Verder het sy oor die jare heen ook talle referate by plaaslike en internasional konferensies gelewer.

Voordat sy haar by die NWU aangesluit het, het sy die pos van direkteur van navorsing en ontwikkeling aan die TUT beklee.

Sy is taans die Voorsitter van die Suider-Afrikaanse Raad van Navorsing en Innovasiebestuur (SARIMA). In 2002 het sy die amp van Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Statistiese Vereneging beklee, en in 1999 en 2000 was sy die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Institusionele navorsing.

