Hulle het dit gemaak!








Hulle het dit ges en dit s gedoen. En nou wapper die universiteitsvlag op Uhuru, die hoogste piek van die hoogste vrystaande berg in Afrika.

Daar is vier dae geswoeg deur die renwoud en die maanlandskap voordat die groep Sondagnag 23:00 die laaste tog van 1 100m na die sneeubedekte piek - 5 895m bo seespiel - aangedurf het.

Sewe-en-n-half ure later (6:30) het die vlag begin wapper en die aftog het begin.

Eloff het sy kantoor deurentyd op hoogte gehou van die suksesvolle tog en in die slot selfselfoonboodskap van Kilimanjaro af is genoem dat die groep Maandag n die Uhuru-piek
1 800m moes daal en Dinsdag nog n verdere 1 200m.



Dit was n groot uitdaging maar nog n groter sukses. Ons het dit almal gemaak - met baie genade. Daar was hoofpyn en naarheid weens die lugdruk maar almal het deurgedruk, het Eloff die tog opgesom.

Die visekanselier keer vandag (Donderdag) terug na Suid-Afrika waar ons waarskynlik mre eerste-hands van die ekspedisie sal hoor.

Prof. Annette Combrink, rektor van die Puk-kampus, vier vandag haar 61ste

Die ander lede wat in die NWU-groep was is prof. Melvin Mbao van die regsfakulteit op die Mafikengkampus en mev. Elbie Steyn, registrateur by die Vaaldriehoekkampus.

Twee dokters van Potchefstroom was ook saam - drs. Emile Kotz en Ian Duursema.

Hulle is vergesel deur mnr. Adrian Brink en me. Bianca van Vuuren van n studentebemarkingsmaatskappy, wat die klimmery beplan het. Twee redaksielede van n manstydskrif en was ook saam en sal binnekort n artikel oor die unieke projek van die universiteitsbestuur publiseer.

