Vaaldriehoekkampus skitter met PhD's






Met die nege nuwe doktorandi wat hul grade op die Lentegradeplegtigheid sal ontvang bring dit vanjaar se totaal op altesame agtien te staan. Dit is 12 PhDs meer as verlede jaar.

Die meeste meestersgrade is ook vanjaar deur die kampus behaal. Met negentien meestersgrade meer as verlede jaar is die totaal vir 2005 altesame 43. Die nuwe meestersgrade word ook tydens die Lentegradeplegtigheid toegeken.

Tydens die gradeplegtigheid vandeesweek ken die Noordwes-Universiteit (NWU) n totaal van 34 doktorsgrade toe. Die onderskeie fakulteite met die getal doktorandi is: lettere en wysbegeerte (1), natuurwetenskappe (4), teologie (7), opvoedingswetenskappe (4), ekonomiese en bestuurswetenskappe (5) gesondheidswetenskappe (4) en Vaaldriehoek (9).

Minstens tien van die nuwe doktorandi is verbonde aan die NWU se kampusse in Potchefstroom en Vanderbijlpark. Onder die groep is mnr. Werner Nell (Sosiologie) van die Vaaldriehoekkampus wat sy PhD verwerf het.

Volgens prof. Tinie Theron,  dekaan van die fakulteit Vaaldriehoek, spog 50,6% van di kampus se akademiese personeel met doktorsgrade.

