Voedingsafari vir innoverende oplossings






Voedingswetenskaplikes, - navorsers en praktisyns maak hul reg vir die 18de internasionale voedingskongres wat vanjaar in Durban gehou word.

Minstens 2 500 verskillende rolspelers van oral in die wreld sal na verwagting die kongres tussen 19 en 23 September bywoon.

Volgens prof. Este Vorster, direkteur van die sentrum vir voorkomende en terapeutiese ingryping by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is die doel van die vergadering om kennis en ondervinding uit te ruil onder al die sleutelrolspelers wat betrokke is by voedingsnavorsing, opleiding en beleidsontwikkeling.

Vorster, wat ook president is van die Voedingsgemeenskap van Suid-Afrika (NSSA) en voorsitter van die kongres, s die vooruitgang wat gemaak is rakende die millinniumontwikkelingsdoelwitte om armoede en voedselonsekerheid te verlig, sal ook gevalueer word.

Ten einde die mens se oorlewing op aarde te verseker meen Vorster dat voedingkundiges moet besef dat n paradigmaskuif nodig was vir die wyse waarop voedingswetenskappe gedefinieer word.

Ons het beginsels nodig wat ons aksies sal lei vanaf n generiese perspektief na n gemeenskappe basis wat sal lei tot die verbouing van kultureel aanvaarbare gesonde voedsel, en op so n wyse dat die omgewing steeds bewaar word, s Vorster.

Sowat 1 500 artikels sal tydens die kongres aangebied word. Dit is reeds aan die organiseerders voorgel. Altesame 500 van die uittreksels vir die kongres is ontvang van lande in Afrika.

Vanjaar se kongrestema is voedingsafari vir innoverende oplossings. Die kongres word elke vier jaar aangebied en dit word vanjaar vir die eerste keer in Afrika aangebied.

Die organiseerders is die Suid-Afrikaanse Internasionale Unie van Voedingswetenskappe wat bestaan uit NSSA, die Mediese Navorsingsraad, die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika,
die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Parenterale en Enterale Voeding asook die voedingsdirektoraat van die gesondheidsdepartement.

