wreld se intellektuele eiendomsvereniging (WIPO)






Tydens n besoek van prof. Jose-Luis Herce-Vigil aan die Potchefstroomkampus het hy laat blyk die NWU is die gepaste plek vir so n soekstasie weens die groot hoeveelheid patente wat die universiteit jaarliks registreer.

Indien die stap wel geneem word sal die NWU die plek wees waar die ander Suid-Afrikaanse universiteite kan aanklop vir inligting oor bestaande patente.

Herce-Vigil, van WIPO in Genve, Switserland, bestempel die NWU as een van die toonaangewende universiteite in Afrika wanneer dit kom by intellektuele eiendomsreg en innovasie.

Sy besoek by die NWU het gekom na n versoek van die departement van handel en nywerheid aan die institusionele regskantoor om hom as gasspreker te ontvang sodat hy sy kennis en internasionale ervaring rakende patentering en innovasie kan oordra. Volgens me. Patricia van Stavel, hoof van die departement se openbare betrekkinge, is die NWU juis gekies omdat hy n model universiteit is met patentering.

Herce-Vigil het tydens sy besoek informele gesprekke gehad met die NWU se navorsers, patenthouers, outeursregkenners en ander kundiges in intellektuele eiendomsreg en innovasie.

Tydens die ontmoeting, onder voorsitterskap van prof. Frikkie van Niekerk, istitusionele direkteur vir menslike hulpbronne, studente, innovasie en navorsing, is die wereldkenner op hoogte gebring oor die ontstaan van die universiteit asook die huidige eiendomsregportefeulje.

Herce-Vigil het benadruk dat daarteen gewaak moet word om patente te herontdek. Soekwerwe  van WIPO moet gebruik om te bepaal watter patente reeds bestaan. Daar moet dus eerder gekyk word na die verbetering van n produk.

Meer as 120 lande wreldwyd is lid van die vereniging.

Mnr. Frans Kruger van die NWU se institusionele regsdienste bestempel Herce-Vigil se besoek as n eer vir die universiteit. Die geleentheid het voorts baie blootstelling van die NWU by die departement van handel en nywerheid tot gevolg gehad.

