TUTU DAAG MENSE VAN LONDEN UIT OM TE BEL IN ONDERWYS IN SUID-AFRIKA







Voormalige aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Theuns Eloff

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is goed op dreef met planne om skole in die voedingsgebiede van sy onderskeie kampusse se vermo te verbeter om meer effektiewe vlakke van leer en onderrig te lewer.

Die NWU het die behoefte vir n omvattende skoolontwikkelingsplan raakgesien en afgeskop met n proses om n vennootskapsprogram vir   kwalitieitverbeterings in onderwys te implementeer. Die doel van die program is om die poel van potensile suksesvolle graad- en diplomastudente te vergroot  veral in voorheen benadeelde gemeenskappe.

Ter ondersteuning van die NWU se planne het voormalige Aartsbiskop Desmond Tutu n groep verteenwoordigers van die sakesektor, regering en die media in Londen uitgedaag om voort te gaan met die wonderwerk om Suid-Afrika te ontwikkel deur by te dra tot die onderrig van die land se mense.

Tydens n ete by Suid-Afrika Huis wat deur die NWU gerel is het die voormalige Nobelpryswenner aangevoer Suid-Afrika en sy baie magtige vriende kan die stryd teen armoede oorwin - net soos wat apartheid oorwin is.

Tutu was die eregas by die NWU-geleentheid wat gehou is om internasionale vennootskappe te bou sodat die universiteit sy sosiale verantwoordelikheidsprogramme kan nakom. Die Suid-Afrikaanse Ho Kommissie in Londen was die gasheer vir die geleentheid met die tema Die rol van onderwys in armoedevermindering.

Tutu het die nuutsaamgestelde NWU as n wonderwerk opsigself bestempel.

Hy het verwys na die voormalige Potchefstroomse Universiteit wat die hartklop van Afrikaner-nasionalisme was en wat moes saamsmelt met die universiteit in Mafikeng wat die produk was van die apartheidsera se Bantustan-onderwys.

Ek kan myself twee meer verskillendes nie voorstel nie. Maar hierdie skynbare teenstrydigheid verskil nie veel van die verhaal van Suid-Afrika opsigself nie. Soos wat Suid-Afrika teen alle verwagtings die rolmodel geword vir rasse-harmonie, net so kan die NWU met sy eenheid en diversiteit n rolmodel word vir universiteite in Afrika.

Tutu het die Afrikaner geprys vir sy vermo om te transformeer binne die nuwe Suid-Afrika en verwys na drie voormalige Afrikaanse universiteite wat nou die land se mees getransformeerde tersire instellings is.

Dr. Theuns Eloff, visekanselier van die NWU, het ges dit wat waar is van Afrika is ook waar in Suid-Afrika: hor onderwys is oor die jare verwaarloos.

Volgens Eloff is een van die grootste probleme wat universiteite in Afrika in die gesig staar die kaliber student wat hulle van skole kry. Daarom pak die NWU die probleem deur sowat R1,2 miljoen in te samel ten einde tien voorheen benadeelde skole in die voedingsgebiede te ontwikkel.

Benewens onderrig, leer en navorsing sien die NWU die toepassing van kennis as sy derde vernaamste fokusarea.

Universiteite kan nie meer die impak wat hulle op plaaslike gemeenskappe het ignoreer nie. Die NWU sal dus sy eie hout groei deur die kapasiteit van benadeelde skole te ontwikkel met sy ontwikkelingsprogram, het Eloff ges.

Die doelwit is om 50 skole teen 2007 te betrek by die kapasiteitsbou-program van 3 jaar.

Volgens mnr. John Battersby, hoof van die Internasionale Bemarkingsraad van Suid-Afrika, is die skeiding tussen ryk en arm wat bestaan tussen ontwikkelde en ontwikkelende nasies nie volhoubaar nie.

Ons moet skole volhoubaar maak sodat hulle kan bydra tot volhoubare universiteite, wat n voorvereiste is vir n volhoubare Afrika, wat weer op sy beurt n voorvereiste is vir n volhoubare wreld. 

