Premier deur Noordwes-Universiteit vereer






Mediaverklaring uitgereik deur Maryke Steenkamp (Link: mailto:bkkms@puk.ac.za)

Dr Popo Molefe, uitgaande premier van die Noordwes Provinsie, het vandag 'n spesiale eretoekenning van die Noordwes-Universiteit ontvang. Die toekenning is gemaak in dankbare herinnering vir sy besondere rol as premier van die Noordwes Provinsie vanaf 1994-2004, en veral vir sy bydrae in nasiebou, demokrasie en sosio-ekonomiese ontwikkeling, waardeur hy die basis vir voortgesette vryheid en toekomstige welvaart vir die provinsie en sy mense gel het.

Dr Theuns Eloff, Interim Visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het ges dit is gepas dat die Universiteit eer betoon aan "hierdie besonderse man wat nou die kantoor van die Premier van die Noordwes verlaat." Hy het ges  dr. Molefe het 'n stewige grondslag gel vir voorspoed en groei in die provinsie en dat hy 'n groot leemte sal laat. "Met hierdie toekenning wil ons die werk wat ons premier gedoen het eer - ons hoop dat hy dit sal koester waar sy nuwe kantoor ookal sal wees.

Dr Molefe het gereageer deur te s dat hy die toekenning in nederige dankbaarheid ontvang. Hy het erken dat die Noordwes-Universiteit die kritiese take waarvoor ons land te staan kom verstaan en dat die Universiteit oorgehaal is om 'n verskil te maak. "Ons is almal deel van 'n groter familie as inwoners van hierdie land en dit is nodig dat ons almal deel sal wees van die dryfveer om hierdie land vorentoe te neem, " het hy ges. Hy het ook ges dat die Noordwes-Universiteit, net soos ander inisiatiewe in die Noordwes, die eerste universiteit in die land was wat ges het dat hulle gereed is vir die samesmelting. "Die vordering wat ons in die provinsie gemaak het is die produk van 'n kollektiewe poging van die Universiteit, die inwoners van die stad Potchefstroom en die inwoners van die provinsie wat almal verbind is tot die opbou van die provinsie," het hy afgesluit.

Die seremonie is bygewoon deur verskeie hooggeplaasdes, waaronder Mnr Zacharia Tolo, LUK vir Onderwys in die Noordwes en Mnr Martin Kuscus, LUK vir Finansies in die Noordwes.


Dr Theuns Eloff, Interim Visekanselier van die Noordwes Universiteit, oorhandig die eretoekenning van die Universiteit aan Dr Popo Molefe, uitgaande premier van die Noordwes Provinsie, tydens 'n funksie wat vandag in Potchefstroom gehou is.

