Dept van kuns en kultuur vereer professore






Twee professore van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus is deur die departement van kuns en kultuur vereer vir hul uitgebreide bydrae tot die ontwikkeling van inheemse letterkunde.

Prof. Nhlanhla Maake, direkteur van Sebokengkampus, het vir sy gepubliseerde verhale in Sesotho 'n toekenning ontvang in die kategorie vir uitstaande letterkunde terwyl prof. Thapelo Selepe, hoof van die skool vir Afrika-tale, in dieselfde kategorie n toekenning gekry het vir n reeks letterkundige essays wat oor jare saamgestel is.

Selepe is ook deur die nasionale literre Sesotho-museum vereer. Die instansie versamel, bewaar en bevorder alle materiaal in Sesotho wat betrekking het op letterkunde en erfenisse.

Maake en Selepe is albei lede van n komitee van beoordelaars wat die letterkundige standaard van jong skrywers se werk evalueer.

Daar is tans nie 'n eenvormige plan waarvolgens die ontwikkeling van letterkunde in Afrikatale ondersteun kan word nie. Daar is ook 'n ebrekkige raamwerk waarin die aktiwiteite gekweek en versterk kan word.

Dus werk die departement van kuns en kultuur saam met universiteite en word die onderskeie taalnavorsings- en ontwikkelingsentrums gebruik om stukrag te gee vir die pogings om inheemse letterkunde is Suid-Afrika te bevorder.

Die universiteite se taalnavorsings- en ontwikkelingsentrums sal ook 'n positiewe omgewing skep waar navorsing gedoen kan word wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling van letterkunde.

