Internasionale sukses vir NWU grafiese ontwerp-studente






Potchefstroom - Finalejaarstudente in grafiese ontwerp aan die Noordwes Universiteit (NWU) het die afgelope drie jaar se sukses herhaal met ses studente wat lidmaatskap van die International Society of Typographic Designers (ISTD) ontvang het.







        
Mnr Wessie van der Westhuizen








Die NWU was ook die enigste inrigting in Suid-Afrika om eervolle vermelding (80% en hor) en onderskeidings (''n punt bo 70%) te behaal.

Liani Herbst, Tilana Hoffman en Ilze Vermaak het geslaag, terwyl Sophia Strydom en Jaco Burger beide onderskeiding behaal het. Emarie Gouws het eervolle vermelding ontvang.

Die ISTD assesseringskema is nou in sy 31ste jaar en streef daarna om tipografie van ho gehalte op studentevlak binne plaaslike inrigtings aan te moedig. 'n Verskeidenheid ingewikkelde en konseptueel veeleisende opdragte word aan studente gegee waaruit hulle moet kies en, indien hulle die assessering slaag, word hulle genooi om as gekwalifiseerde tipograaf by die vereniging aan te sluit.

Anders as ander skemas is die ISTD Studente-Assessering nie 'n kompetisie nie  as die werk die assessering slaag, word die student beskou as dat hy/sy 'n ho vlak van prestasie getoon het en word dan ISTD-lidmaatskap aangebied.







Die skema word beskou as die deeglikste en doeltreffendste studente-assessering waar ook al en word as n marknorm deur opvoeders oor die hele wreld beskou. 



Die ISTD is gevestig in Londen en stel en onderhou tipografiese standaarde binne professionele ontwerp en opvoedingsgemeenskappe, deur die debatsforum en ontwerppraktyk. Die vereniging beoog om 'n simbiotiese verhouding tussen opvoeding en die nywerheid te koester deur die hoogste gehalte kontemporre praktyk onder sy internasionale lidmaatskap te publiseer en te bevorder.

Die skema word op 'n jaarlikse basis bedryf en vind in vier lande plaas.
Mnr. Wessie van der Weshuizen (dosent op die Potchefstroomkampus) het die ISTD-assesseringskema gebruik as 'n projek vir finalejaarstudente.





