Potchefstroomkampus sport vereer beste sportmanne en vroue







Potchefstroom - Atletiek het weer koning gekraai in die aanwys van die sportmanne en vroue van die NoordwesUniversiteit  Potchefstroomkampus.


Die jaarlikse sportdinee het onlangs op luisterryke wyse in die stad se Banketsaal plaasgevind. Die gasspreker was die rektor van die Potchefstroomkampus, prof Annette Combrink, wat vanjaar die tuig neerl.


Atletiek het drie uit die vier toekennings ingepalm. Die senior sportman van die jaar is Elroy Gelant, wat 'n bronsmedalje by die Wreldstudente Spele in Serwi in die 5000m verower het.
Sunette Viljoen is weer die senior sportvrou van die jaar en sy het in 2003 en 2004 ook die kroon gedra. Sy het vanjaar die Afrika vrouespiesgooirekord tot 65.43 verbeter en ook die goue medalje by die Wreldstudente Spele in Serwi gewen.


Ulrich Damon is die Junior Sportman van die Jaar. Hy het vanjaar die volgende goue medaljes verower; SA Junior, USSA en Afrika Junior. Sy afstand van 78.58 is die tweede beste poging in die wreld vanjaar.
Nadia Uys is Potchefstroomkampus sport se Junior Sportvrou van die Jaar. Di kranige netbalspeler het vanjaar die SA Sone 6-span, die SA o.20-span en die SA o.21-span (by twee toernooie) verteenwoordig.

Die Potchefstroomkampus het vanjaar 21 spanlede vir USSA-spanne gelewer en dertien Potchefstroomkampus studente het junior nasionale en nasionale B-spanne verteenwoordig.

Agt Potchefstroomkampus studente het senior nasionale erkenning gekry; Loreen Irvine (hokkie), Chrisna Bootha (netbal), Sunette Viljoen (atletiek), Linda van den Biggelaar (duathlon), Kobie Ross (karate), Leon Els (rolstoel-tennis), Pierre Breitenbach (rolbal) en SF Scheepers (bisleyskiet).

Potchefstroomkampus sport lewer 'n reuse bydrae tot sport in die Noordwesprovinsie. Meer as 350 Potchefstroomkampus studente het die provinsie in agt sportsoorte verteenwoordig.





2009 se Sportmanne en -vroue saam met die visekanselier, dr Theuns Eloff en die kampusrektor, prof Annette Combrink, Elroy Gelant, Sunette Viljoen, Ulrich Damon en Nadia Uys




