n Alumnus van Potchefstroomkampus skitter in internasionale sakewreld






Institusionele Kantoor -  De la Rey Venter is onlangs as wreldwye hoof van LNG (Liquefied Natural Gas) van die Shell-groep aangestel. Hy is in Den Haag in Nederland gesetel. Die pos behels leierskap van die vloeibare aardgas-besigheid van Shell.







De la Rey Venter






LNG is die vinnigste groeiende komponent van die energie-industrie, en Shell is beide pionier en industieleier in hierdie segment.


Dit is n ongelooflike uitdagende en fassinerende wreld van multi-miljard-dollarprojekte regoor die wreld, geo-politiek, energiepolitiek, onderhandelinge op die hoogste vlak en intense kompetisie. Deur tegnologiese deurbrake kan ons vandag aardgasbronne met markte enige plek ter wreld verbind, en werk aan nuwe deurbrake om gas in die diepsee en bo die Arktiese Sirkel veilig en winsgewend te ontgin.


De la Rey het in die Karoo grootgeword voordat hy BCom aan die Potchefstroomkampus studeer het. Hy vertel dat die Karoo en sy mense diep spore op n mens laat. Dit is n wreld waar opregtheid, sterk basiese waardes, hoop, vooruitkyk en deursettingsvermo nie skaars is nie  en met n mooi (en altyd byderhand) sin vir humor ongeag voorspoed of nie. In 1990 was hy n eerstejaar op die Potchefstroomkampus.














