Verteenwoordigende Studenteraad woon werkswinkel by







Institusionele Kantoor - Agt en dertig Verteenwoordigende Studenteraad  (VSR) lede van die drie kampusse van die Noordwes-Universiteit het onlangs 'n werkswinkel by Valley Lodge bygewoon.

Volgens dr Edward Sedibe, Direkteur; Studentesake en Sport, was die doel van die werkswinkel om die studenteleiers van die drie kampusse aan mekaar voor te stel en om hulle begrip te laat ontwikkel vir mekaar se kulturele agtergronde.

Mnr Tonny Manning het as fasiliteerder opgetree. Dr Theuns Eloff en mnr Theo Venter het  aanbiedings gedoen oor sleutelkwessies met betrekking tot die NWU se bestuursmodel.

Mnr Ishmael Mkhabela het 'n  oorsig gegee oor die Dinokeng-scenario. Sy aanbieding was oor Student and Key Challenges for South Africa: A conversation on Dinokeng Scenario.

Na afloop van die werkswinkel was die studente van mening dat sulke werkswinkels op 'n  gereelde basis gehou behoort te word.






VSR-lede van die drie kampusse wat die werkswinkel by Valley Lodge bygewoon



