Kampus gerat vir nasionale kompetisie






Vanderbijlpark  Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWUl) spog vanjaar met sewe deelnemers aan die gesogte Nedbank en Ou Mutual Begrotingskompetisie. Volgens mnr Andre Mellet, 'n dosent verbonde aan die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe, presteer die kampus baie goed in die jaarlikse kompetisie en die hoop is dat die kampus weer 'n nasionale wenner in een van die kategorie sal oplewer.





Van links na regs is: Armand de Beer,
Petrus Selahle, Julien van Niekerk, Shari
Coetzee, Mbuyu Lubile, Wiehan Peyper
 en Henri Mans.


Twee jaar gelede het 'n student verbonde aan die kampus, Me Linda Dingiswayo, geskiedenis gemaak toe sy as die eerste vroulike wenner aangewys is in die nagraadse kompetisie.


Die Noordwes-Universiteit is vanjaar goed geposisioneer met 'n  totaal van tien deelnemers uit die 40 posisies in die kompetisie en is daarom die top universiteit in terme van deelname aan die kompetisie.

Op die NWU Vaal dien Mellet en me Diana Viljoen onderskeidelik as kampus kordineerder en assistent kordineerder met betrekking tot die kompetisie.



