Trustees waak oor fondse vir gemeenskapswerk







Institutionele Kantoor- Die NWU se nuut-gestigte Trust vir Maatskaplike Ontwikkeling het op 31 Augustus 2009 vir die eerste keer vergader. Mnr Lambert van der Nest, Hoof Uitvoerende Beampte van die rehabilitasie- en konstruksiemaatskappy, Frazer Alexander, is as die eerste voorsitter van di raad verkies.

Die trustees moet oor die fondse en gemeenskapsprojekte van die Universiteit en ander donateurs toesig hou.

Een van die trustees, mev Reanna Rossouw van Next Generation Consultants, was baie bendruk met die NWU se strategie vir volhoubare ontwikkeling. Die NWU is een van slegs twee instansies in Suid-Afrika wat hierdie model volg. Die ander een is Tshikululu Social Investments, een van die belangrikste agentskappe vir die bestuur van korporatiewe maatskaplike beleggingsfondse in Suid-Afrika.

Mev Bibi Bouwman, NWU-Bestuurder: Gemeenskapsverbintenis s hulle sal bekend maak wanneer die nodige beleide in plek is en die trust gereed is om aansoeke vir fondse te ontvang.

Die Trust vir Maatskaplike Ontwikkeling vergader weer in November.





