FW de Klerk praat op Puk oor toekomsperspektiefte ontwikkel






Potchefstroom - Die voormalige staatspresident en kanselier van die Potchefstroomkampus, mnr FW de Klerk, sal eersdaags in die agtste van die FW de Klerk-lesingreeks n voordrag op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) lewer.

Mnr De Klerk se titel van die voordrag op 12 Oktober is n Toekomsperspektief op grondwetlike stabiliteit geprojekteer vanuit my vertolking van die relevante gebeure van die afgelope twintig jaar.

Die Fakulteit regte op die Potchefstroomkampus van die NWU het in 2002 die lesingreeks ingestel toe mnr De Klerk die eerste lesing gelewer het. In di lesing het hy die hoop uitgespreek dat die reeks n lanseerpunt sal word vir skeppende denke, opbouende kritiek en hoopgewende visie tot voordeel van die land en sy mense.

Die Dekaan van die Fakulteit, prof Francois Venter, s geen politieke assosiasie, huidig of uit die verlede kleef aan die lesingreeks nie. Die Fakulteit en die Potchefstroomkampus het die reeks ontwikkel tot n gevestigde geleentheid vir die uitspreek van weloorwo, aktuele regsverwante menings deur leidende figure in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Vorige lesings is gegee deur regter Dikgang Moseneke, regter Louis Harms, regter Kate ORegan, adv Jan Henning, adv Paul Hoffman en regter Deon van Zyl.




Die lesing van 12 Oktober word om 18:00 in die skynhofsaal van die ou hoofgebou op die kampus gehou. Vir navrae skakel me Doepie de Jongh by 018 299 1948 of stuur n e-pos aan doepie.dejongh@nwu.ac.za (Link: mailto:doepie.dejongh@nwu.ac.za)

