Befondsing om regspersoneel te ontwikkel






Institutionele Kantoor - Die regsfirma, DM Kisch en Dramatiese, Artistieke en Letterkundige Regte-organisasie (DALRO) het onlangs weer  aansienlike bedrae aan die Noordwes-Universiteit (NWU) geskenk vir die bestuur, instandhouding en uitboung van die universiteit se intellektuele eiendomsreg portefeulje.

Mnr Marius le Roux, patentespesialis van DM Kisch en mnr  Grard Robinson, Bestuurende- en Hoofuitvoerende Direkteur van DALRO, het hul jaarlikse donasies namens die twee maatskappye tydens n informele geselligheid in Johannesburg aan dr Theuns Eloff, Visekanslier van die NWU, oorhandig.

Die geld sal gebruik word deur die personeel van die NWU se Institusionele Regskantoor om nasionale en internasionale konferensies oor intellektuele eiendom by te woon, asook hul eweknie by ander hoer instellings en privaatsektor te besoek ten einde wedersydse kennisuitruiling met betrekking tot intellektuele eiendom te bewerkstellig.
Dr Eloff het tydens die geleentheid die twee maatskappye bedank vir hul volgehoue professionele steun aan en betrokkenheid by die universiteit. Hy het ges hy is dankbaar vir die postiewe samewerking en verhoudinge wat daar oor die jare gesme is en steeds uitgebou word.



Mnre At van Rooy, Kevin Dam en  Marius le Roux van DM Kisch en mnr  Grard Robinson, Hoofuitvoerende Direkteur: DALRO saam dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), mnr Frans Kruger, Institusionele Direkteur: Regsdienste en Mpho Modupe van die Kantoor van die Taaldirektoraat.

