140-JAAR FEESVIERINGE OM DIE DRAAI






Potchefstroom - Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is in die pylvak om sy 140-jarige bestaan binnekort behoorlik te vier met n verskeidenheid unieke verwikkelings en nuwighede op die kampus.
Die Potchefstroomkampus van die NWU se 140 jaar vieringe bereik n hoogtepunt op Vrydag 16 Oktober wanneer onder meer die Totius-standbeeld op die kampus onthul word. Gedenksuile met die name van studenteleiers sal rondom die oudstudente-monument, beter bekend as die wasgoedpennetjie, onthul word. Studenteleiers sedert 1894 se name sal op di suile verewig word.

Dieselfde dag word 'n groepie eerstejaars, wat in 1959 hul studies by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) afgeskop het, terug verwelkom op die kampus. Die 50-jaar renie vorm deel van die 140-jaar feesvieringe van die Potchefstroomkampus. Die alumnikantoor wil graag soveel as moontlik van die studente opspoor vir hierdie renie.

Die Fakulteit Opvoedingswetenskappe (ingesluit die voormalige Potchefstroom Onderwyskollege) van die Potchefstroomkampus van die NWU is vanjaar 90 jaar oud en hou n renie vir oudstudente om die geleentheid te vier. Dit sluit alle voormalige studente van die destydse Potchefstroom Onderwyskollege (POK) in. Die renie word vir 17 Oktober beplan. Alle oudstudente wat sedert 1919 aan die kollege sowel as die fakulteit in Potchefstroom gestudeer het, moet asseblief van hulle laat hoor.

Kontak asseblief so gou as moontlik die alumnikantoor as jy graag van die bogenoemde geleenthede wil bywoon.  Tel: (018) 299-2562 of stuur 'n e-pos aan vincent.eastes@nwu.ac.za (Link: mailto:vincent.eastes@nwu.ac.za)

