Totius verhuis na die Potch-kampus






 Potchefstroom -  Die Totius-beeld wat sedert 1977 sy staanplek in die Totius-gedenktuin by die Wasgoedspruit het, gaan herstel word tot sy volle koperglorie en na die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) verskuif word.

 Dit kom nadat die Tlokwe-stadsraad verlede week finaal goedkeuring gegee het dat die bekende skrywer se beeld n staanplek op die kampus kry. Die verskuiwing is deel van die Pukkampus se inisiatief om die groot skrywers en digters van Noordwes op n baie spesiale manier te vereer.

Gesprekke oor die skrywerstuin-inisiatief op die kampus het twee jaar gelede begin en ander bekende skrywers sluit in Sol Plaatje en Herman Charles Bosman.

Die Totius-beeld is in brons gegiet maar is tans n vaal kleur geverf. Vandale het voorts onder meer sy bril beskadig wat binnekort herstel sal word. Jo Roos, die beeldhouer wat die Totius-beeld destyds gemaak het, is verantwoordelik vir die opknapping en herstel daarvan.
 Die nuwe staanplek op die kampus is skuins voor die bekende hoofgebou en n hanetree vanaf die Totius-gedenksaal.

Prof Annette Combrink, kampusrektor en die persoon wat die vernaamste dryfveer in die projek is, s die nuwe adres vir die gevierde digter, Bybelvertaler en Psalmdigter sal hom plaas waar hy inderdaad hoort en het die hoop uitgespreek dat die vandalisme van die afgelope jare dan tot n einde sal kom.





Volgens prof Combrink vorder die werk aan Sol Plaatje se beeld fluks en sal dit waarskynlik voor einde vanjaar ook n spesiale staanplek in die skrywerstuin kry. Jo Roos is ook die beeldhouer hiervan. Die rektor is verheug oor die groen lig wat verkry is om Totius n veilige staanplek in die geskiedenis en in die stad te gee. Die publiek sal steeds vrylik toegang tot die beeld h.

Omdat sy self n letterkundige is, is hierdie skrywerstuin vir haar n belangrike nagedagtenis aan die groot skrywers en dat hulle op sigbare wyse vereer kan word. Prof Combrink is voorts ywerig oor die kunste en onderskeie soortgelyke projekte het sedert haar rektorskap vorm aangeneem.

Die Totius-beeld word op 16 Oktober  tydens die Potchefstroomkampus se 140ste verjaarsdagvierings  op die kampus onthul.


