SIFE-NWU onder top 5






Potchefstroom  Die Noordwes-Universiteit se Students in Free Enterprise-span het die eerste plek behaal in die ligarondes, en 'n algeheel vyfde plek in die agtste jaarlikse SIFE Suid-Afrikaanse Nasionale Kompetisie wat onlangs by die Universiteit van Johannesburg gehou is.

SIFE-NWU het teen 26 universiteitspanne deelgeneem en die eerste plek behaal in hul liga vir:
 Suksesvaardighede
 Finansile Geletterdheid
 Besigheidsetiek
 Administrateur van die Jaar (prof Japie Kroon)

Ten einde NWU-studente van al drie kampusse te verenig, het agt studente en drie fakulteitsadviseurs (proff Japie Kroon, Christopher May en Kobus Cronj) die nasionale kompetisie bygewoon. Die NWU-SIFE-span het die NWU se slagspreuk  Innovasie deur diversiteit  as hul persoonlike motto aanvaar en daarop gefokus om hulself en hul gemeenskappe te verbeter deur hulpbronne en vaardighede saam te voeg en historiese verskille tersyde te stel.

SIFE-NWU het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem en vyfde geindig, maar intussen hul projekte en aanbiedings heelwat verbeter. Hierdie verbetering het nie ongesiens verbygegaan nie en die span het baie goeie terugvoer ontvang van mede-SIFE-deelnemers sowel as verskeie ander mense wat die geleentheid bygewoon het.

Dit was 'n waardevolle leerervaring vir die jong span wat met rasse skrede vooruitgaan en wys dat hulle die SIFE-slagspreuk aktief uitleef: 'n hart vir die wreld en 'n kop vir besigheid.  Die SIFE Nasionale Kompetisie is 'n uitdagende, spangeorinteerde gebeurtenis wat 'n sin vir toerekenbaarheid kweek en spanne motiveer om die gehalte van hul projekte deurlopend te verbeter. Die kompetisie skep ook 'n geleentheid vir samewerking en die deel van beste praktyk, wat die waarde van die leerervaring en die algehele doeltreffendheid van die program verder verhoog.

Elke land wat oor 'n SIFE-program beskik, kan 'n nasionale kompetisie rel vir die spanne in die betrokke land. Lande met groter programme hou dikwels 'n reeks streekskompetisies, waarvan die wenners dan kwalifiseer om deel te neem aan die nasionale kompetisie. Die beste span van elke land word dan genooi om deel te neem aan die SIFE-wreldbeker.

Foto 109. Dr Edward Sedibe, Direkteur: Studentesake en Sport, mev Maria Mopelong, Bestuurder: Institusionele Bevordering en Sakeontwikkeling, mnr Victor Motobi, Uitvoerende Direkteur: Mensontwikkeling, en prof Japie Kroon, Programleier en professor in Entrepreneurskap aan die Skool vir Ondernemingsbestuur, met SIFE-studente Charl Muller, Palesa Letlape, Maribe Mamabolo, Wernich Hein, Christy Wolhuter, Rafael Khoza, Dennise Kordom, en Edwin Molaletsi.




Prof Rantoa Letosa, nuwe Vise-Rektor van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke op Potchefstroom.

