Internasionaal bekroonde grafiese ontwerpers besoek Pukkampus






Potchefstroom - Twee internasionaal bekroonde ontwerpers, Peet Pienaar en Garth Walker, het die grafiese ontwerp-vakgroep van die Noordwes-Universiteit (NWU) vandeesmaand besoek vir gaslesings en werkswinkels.

Walker word alom gereken as die belangrikste en invloedrykste Suid-Afrikaanse ontwerper weens sy bydrae tot die ontwikkeling van n eg  plasslike ontwerp-estetika. Hy is veral bekend vir sy i-jusi tydskrif. Dit was Walker se derde besoek aan die Pukkampus. Hy het vanjaar sy kennis met die derdejaar grafiese ontwerp-studente kom deel. Die oud-Pukstudent, Peet Pienaar, het op sy beurt die vierdejaarstudente-werkswinkel gelei.

Pienaar het die afgelope paar jaar sy merk as grafiese ontwerper gemaak. As kreatiewehoof van Daddy buy me a pony, en nou The President, het Peet al menige nasionale- en internasionale erepennings ontvang vir onder andere die veelbekroonde Afro Magazine en die byderwetse MK Bruce Lee-tydskrif.

Die werk wat by die werkwinkels gedoen is sal later vanjaar by die CQ-fest tydens Aardklop te sien wees.



Peet Pienaar en Garth Walker wat werkswinkels vir grafiese ontwerpstudente aangebied het.

