Student verower Protea-kleure in rolbal






Potchefstroom  Talle studente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope tyd op die sportveld gepresteer en dis veral in rolbal en ringbal waar die sportlui hul staal gewys het.

 Pierre Breitenbach, n finalejaarstudent, is in die Protea-span ingesluit wat einde Augustus aan die Afrika State-toernooi in Swaziland gaan deelneem. Hy is die eerste man uit die provinsie wat Protea-kleure kry en is ook die jongste speler in die geskiedenis van die sport in Suid-Afrika om die Protea-baadjie te kan aantrek.

Die sportster speel al van 'n baie jong ouderdom rolbal en het so te s langs die rolbalbaan groot geword. Sy pa, Piet, is die President van Rolbal SA terwyl sy ma, Corrie, ook voorheen Protea-kleure verower het.

Pierre speel al sedert 2004 verteenwoordigende rolbal en het sy eerste ligawedstryde in 1998 begin speel. Hy is tans lid van die Potch Dorp-rolbalklub en sal in November deel wees van die nasionale span wat Namibi die stryd aans.
Nog studente het skitterend gepresteer in ringbal en is na die afgelope vakansie se nasionale weke ingesluit in die o23-Aksie-ringbalspanne. Ander lede van die kampus se ringbalklub (voorheen korfbal) is weer tot uitnodigingspanne verkies.

 Die sewe ringbalspelers wat tot die nasionale spanne verkies is, Eduan Naude (mans o/23 Aksie Ringbal Suid-Afrika) en vir die vroue o/23 Aksie Ringbal Suid-Afrika staan Nadine Heyneke, Elanie Basson, Hanliette Basson, Charlene Scullard, Hanri Kruger en Jeannelle Kinnear gereed. Scullard is tydens die vakansie se kragmetings ook aangewys as Speler van die Toernooi.

-  Die NWU-Puk se rugbyspan speel Saterdag om 16:00 op die Fanie du Toit-sportterein teen Impala in die laaste van die Luiperds se Uitspeelliga om te bepaal wie die Luiperds by die nasionale klubtoernooi in September in Pretoria gaan verteenwoordig.





 Pierre Breitenbach


