NWU se Visekanselier neem plaaslik en internasionaal die leiding






Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), is in Julie 2009 onbestrede tot Voorsitter van die Vereniging vir Statebondsuniversiteite (Association of Common Wealth Universities - ACU) verkies, nadat hy die afgelope twee jaar as ondervoorsitter van daardie liggaam gedien het.



Dr Eloff neem as Voorsitter van die ACU oor by prof Brenda Gourley, Visekanselier van die Open University in die Verenigde Koninkryk en 'n eertydse Visekanselier van die voormalige Universiteit van Natal.  Hy beklee hierdie posisie tot Julie 2011.   Dr Eloff se termyn as Voorsitter van HESA loop op 31 Desember 2009 tot 'n einde.

Dr Eloff s dat hy dankbaar en geerd voel oor sy aanstelling as Voorsitter van die ACU en glo dat sy aanstelling verskeie strategiese voordele vir die NWU inhou.

Hy voeg verder by dat die NWU goed vergelyk met die ander lede-instellings, maar ons missie om n gebalanseerde onderrigleer- en navorsingsuniversiteit te wees, onderskei ons, aangesien talle ander universiteite f op die een, f die ander element fokus.

Die Visekanselier se verkiesing tot hierdie nuwe posisie handhaaf nie net nasionaal in internasionaal ons posisie in die openbare oog nie, maar skep ook groot geleenthede om met die proses voort te gaan om die NWU strategies te posisioneer..

