Eloff nuwe voorsitter van Aardklop-direksie








Dr. Theuns Eloff, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) is aangewys as die nuwe voorsitter van die direksie van die Aardklop-kunstefees.

Eloff bestempel sy verkiesing as voorsitter as n voorreg en volgens hom dui dit daarop dat die NWU  en spesifiek sy Puk-kampus  ernstig is oor Afrikaans en diversiteit.

Hy het die hoop uitgespreek dat Aardklop onder sy voorsitter-skap verbind sal bly aan Afrikaanssprekende gemeen-skappe,  maar ook vir ander

gemeenskappe toeganklik gemaak sal word. Op de manier, kan die langtermynvolhoubaarheid van die fees op alle vlakke verseker word. 

Oor sy betrokkenheid en bestuurstyl s Eloff die volgende: Omdat spanwerk en effektiewe bestuur vir my belangrik is, sou ek sterk stimulasie en leiding wou gee om die bestuurskant van die fees op 'n nog hor vlak te plaas as wat dit tans is.  Ek sien daarna uit om saam met die direksie en bestuurspan te bou op die stewige fondament wat so bekwaam deur my voorganger gel is".

Eloff volg dr. Frederik Van Zyl Slabbert op, wie se termyn as voorsitter verstryk het. Hy sal egter steeds as direkteur op die direksie dien. 

Die Aardklop-direksie bestaan uit vrywilligers uit verskeie spesialisvelde in die Afrikaanse taalgemeenskap wat sonder vergoeding die bevordering van die kunste op die hart dra.  Hulle visie is om Aardklop as een van die leidende en standhoudende kunsgebeurtenisse in die land te vestig en voortdurend uit te bou. 

Aardklop vind vanjaar vanaf 27 September tot 1 Oktober plaas.   

30 Mei 2005

