Oud-Puk skitter agter die kameras






Potchefstroom - Daar is net iets omtrent regisseurwerk wat vir my werk, dik kom nogals natuurlik en ek is in my element wanneer ek dit doen. So s Sanet Olivier, oud-Puk en tans Direkteur van Homebrew Films wat die nuwe televisieprogram, Shoreline, vir  SABC2  gemaak het.

Sanet s sy vat nie grond nie, want behalwe dat sy die regisseur van Shoreline is, doen sy ook haar eie kookprogram, ROER!, vir kykNET en het hulle ook met n program, Jou show met Emo, begin skiet wat drie weeklikse programme op kykNET en SABC 2 sal wees.

Sanet s sy het n matriek n fotografiekursus in Stellenbosch gedoen. Daar het sy vir die eerste keer met video redigering kennis gemaak en dit fassinerend gevind. Sy het gehoor dat prof Attie Gerber by Kommunikasiestudies op die Potchefstroomkampus hands-on opleiding vir sy studente gee en dat as mens eendag daar uitstap, jy nie net n graad het nie, maar ook fisies n program aanmekaar kan sit. Dt het my oorreed en ek is nie een oomblik spyt nie.

Sy het in haar honneursjaar praktiese ondervinding by Homebrew Films in Kaapstad gaan doen en as die regisseur se assistent op die program, Pampoen tot Perlemoen, gewerk. Ek het baie tee gemaak, rond gehardloop en skottelgoed gewas. Ek doen dit nog steeds - die verskil is net dat ek dit nou as regisseur op ROER! doen.

Sanet s daar is min dinge so bevredigend soos om te sien hoe iets waaraan jy vir maande gewerk het, elke dag in die redigeer-kamer bymekaar kom. Die industrie is hard en jy is regtig net so goed soos jou laaste program, maar ek vermoed ons sal dit nie op enige ander manier wil h nie. Dit hou jou gefokus en op jou tone!

 Shorline was regtig n uitdaging. Ons het vier aanbieders gehad waarvan drie nog nooit op TV was nie. Dit het nogal energie gekos om die beste uit almal te haal.  Behalwe vir die twee vroulike aanbieders wat nou en dan saam met ons was, was ek die enigste vrou in die produksiespan  en dit was soms erg. Gelukkig werk ek en Chris Lotz al ses jaar saam op ROER! En het ons mekaar goed verstaan. Dit was nie nodig om mekaar se taal van voor af te leer ken nie.

 Televisie is n groot spanpoging en dit gaan maar aan die einde daaroor om die beste uit jou aanbieders en crew te kry.  Maar nou ja  n paar plooie, grys hare en baie le bottels sunblock later, voel ek regtig meer volwasse as n regisseur en waardeer ek my werk nog meer.

Hoeveel mense kry die geleentheid om langs die hele kus af te reis vir hulle werk ....?
Sy s egter min mense sal besef hoe baie harde werk Shoreline was. Baie  lang ure se reis, laaang dae - want ons moes elk minuut se daglig benut en min slaap. Ons moes soms na n hele dag  vanaf 6 uur die oggend  in die aande ook tonele skiet. Dan kom ons 3 uur die oggend in die bed net om weer 6 uur op te staan om na die volgende plek te ry.

 Ons het soms nie genoeg tyd gehad om die kameras se batterye te laai nie. Ons het baie kere met die voertuie vasgesit en dan is jy boonop nog bekommerd want jy moet nog steeds n hele invoegsel skiet op n plek wat jy geen idee het hoe dit lyk of wat om te verwag nie... Sanet s egter sy is nie oomblik spyt oor haar loopbaankeuse nie.

 Sy is n boorling van Prins Albert in die Wes-Kaap en was n finalejaarstudent in 2003 en het twee jaar later die ATKV-prys vir die beste program in die tydskrif- of leefstylkategorie ontvang.
 Shoreline het vandeesmaand begin en word Maandagaande om 19:30 op SABC 2 uitgesaai. Dit is n opwindende reis/omgewingsprogram met goeie kwaliteit fotografie wat die agtergrond van gemeenskappe en ongesiene natuurlike rykdomme van Suid-Afrika uitbeeld.



Sanet Olivier


_______________________________________________________________________________

Sanet Olivier en lede van haar produksiespan tydens die verfilming van Shoreline.

