Studente ontvang Noorweegse studiebeurse






VANDERBIJLPARK.  Twee studente van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit (NWU) verruil eersdaags die kampus vir die sneeubedekte kampus van die Molde Universiteit in Noorwe om hul nagraadse studies binne die vakgroep Ekonomiese Wetenskappe te voltooi. Die twee studente, Jabulile Makhalima en James Moleli is albei besig met hul meestersgraadstudies in die veld, MSc-logistiek.

Volgens prof Roy Dhurup, Dekaan: Fakulteit Ekonomiese Wetenskap en Inligtingstegnologie, is die studiebeurse deel van `n inisiatief van die Noorweegse regering om studente van ontwikkelende lande te bemagtig om hul studies in Noorwe voort te sit. Die studente vertrek later vanjaar na Noorwe om hul oorsese eweknie te ontmoet. Volgens prof Dhurup het die  NWU vroer vanjaar `n samewerkingsooreenkoms met die Molde Universiteit gesluit en sien die studente baie daarna uit na hul leersame ervaring in Noorwe.



_______________________________________________________________________________

Op pad na Noorwe om hul nagraadse studies te voltooi. Van links is dr Wynand Grobler (Direkteur: Skool vir Ekonomiese Wetenskappe), Jabulile Makhalima, prof Roy Dhurup (Dekaan), James Moleli en prof Tielman Slabbert (Skool vir Ekonomiese Wetenskappe)

