NWU kry stewige hupstoot vir navorsing






Potchefstroom - Die Noordwes-Universiteit het pas n ooreenkoms wat landwyd as die eerste van sy soort uitstaan onderteken met die maatskappy Sasol Technology. Die unieke navorsingsooreenkoms stel die raamwerk vir groter samewerking op onderskeie gebiede en behels enersyds dat die universiteit self projekte vir navorsing kan identifiseer en andersyds dat die maatskappy projekte kan identifiseer soos wat daar behoefte ontstaan.

Die omvattende ooreenkoms is voorafgegaan deur twee jaar se onderhandelings waartydens n verskeidenheid aspekte onder die vergrootglas geplaas en deurtrap is. Die navorsingsooreenkoms is van toepassing op al drie die kampusse en sluit terselfdertyd navorsers van di kampusse in. Van die vernaamste projekte tans is hoofsaaklik by die fakulteite ingenieurswese en natuurwetenskappe gesetel.

Prof Annette Combrink, kampusrektor, het die ondertekening van die ooreenkoms as n heuglike gebeurtenis bestempel en meen nog groter samewerking kan in die toekoms hieruit spruit. Volgens prof Kobus Pienaar, dekaan van Natuurwetenskappe, benadruk die ooreenkoms opnuut die belangrike samewerking tussen die NWU en Sasol Technology. Hy het die maatskappy as n strategiese vennoot van die universiteit bestempel.

 Pienaar het ges vennootskappe soos hierdie is baie belangrik op die gebied van navorsing sowel as opleiding en dat ooreenkomste soos hierdie bydra tot die ontwikkeling van die land en sy inwoners.  Volgens me Elani Engelbrecht van die NWU se regsafdeling, het die NWU n sleutelrol gespeel deurdat die universiteit voortdurend onderhandelaars om die tafel byeengebring het om die ooreenkoms te bespreek en te verfyn.

Hoewel ander universiteite by soortelyke ooreenkomste betrek is, het Potchefstroom die grootste bydrae gelewer in die werk wat tot hierdie uitsonderlike ooreenkoms gelei het, het mnr Johan Nel, die maatskappy se tegnologiebestuurder, ges.






_______________________________________________________________________________

Prof Annette Combrink,Rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), mnr Johan Nel en dr Sven Godorr, onderskeidelik Sasol Technology se bestuurder van tegnologie en bestuurder van navorsing en ontwikkeling, tydens die ondertekening van die ooreenkoms tussen NWU en Sasol Technology. Agter is me Elani Engelbrecht van die NWU se Regsafdeling, proff Albert Helberg, waarnemende Dekaan van Ingenieurswese, Christien Strydom van Fisiese en Chemiese wetenskappe, Kobus Pienaar, Dekaan van Natuurwetenskappe, en Maritte Lowes, Viserektor: Akademie.

