NWU-Puk spog met twee finaliste ontwerpkompetisie






Potchefstroom - Twee grafiese ontwerpstudente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is finaliste in vanjaar se Design Achiever Awards-kompetisie van die SABS Design Institute.
 Die finalejaarstudente, Freda Raubenheimer en Sophia Strydom, se ontwerpkonsepte is onder die finaliste in di gesogte kompetisie.

Dit is die sewende agtereenvolgende jaar dat studente van die Potchefstroomkampus die kortlys van hierdie kompetisie haal. Freda se konsep wat haar na die finale ronde geneem het is sosiale handelsmerkvestiging wat tot voordeel van klein plaaslike besighede en nie-winsgewende organisasies gebruik kan word. Sophia het n volhoubare studente-indiensopleidingsprogram ontwikkel wat tot voordeel en ontwikkeling van die ontwerp-industrie gebruik kan word.

Die SABS Design Institute het die Design Achievers-toekenningskema in 1987 begin. Dit word onderskei van ander Suid-Afrikaanse ontwerptoekennings en kompetisies omdat die nasionale en multi-dissiplinre aard daarvan die klem plaas op ontwerp-entrepreneurskap en leierskap, sowel as kreatiewe uitnemendheid. Studente uit alle ontwerpdissiplines, hetsy grafies, interieur, industrieel, mode, keramiek, tekstiel, juweliersware of kommersile fotografie kan deur hul instellings genomineer word.

Finaliste in die kompetisie neem deel aan werkswinkels en seminare. Vanjaar is van die voorste ontwerp- en tegnologiese instellings besoek en het finaliste deelgeneem aan voorleggings en besprekings rakende die sleutelkwessies in die ontwerppraktyk.

 Die program bied ook goeie geleentheid vir interaksie met vorige wenners, prominente persoonlikhede in die bedryf, potensile werkgewers en die media. Die kompetisie vind jaarliks op Jeugdag plaas.


_______________________________________________________________________________

Freda Raubenheimer en Sophia Strydom tydens vanjaar se Design Achiever Awards-kompetisie.

