Kampus lewer Jujitsu-kampioene op






Mafikeng  Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs by die Amerikaanse Ope Jujitsu-kampioenskap sy eerste wreldkampioen in Jujitsu opgelewer.

Reboane Mokolobate (27) is as wreldkampioen gekroon in die onder 75 kg-afdeling n sterk opposisie van lande soos die VSA, Jamaika, Pole, Kanada, en Trinidad en Tobago. Die kampioenskap is vanaf 28 Junie tot 9 Julie by die Colorado Spring Resort in die staat Florida gehou.

Reboane en medestudent Tshepo Botipe (26), ook van die NWU, het albei goue medaljes verower tydens verlede jaar se Suid-Afrikaanse Nasionale Jujitsu-kampioenskap wat op die Mafikengkampus gehou is. Hierdie prestasie het hulle laat kwalifiseer vir deelname aan die Amerikaanse Ope-kampioenskap. Tshepo, wat in die onder 65 kg-afdeling, geveg het, het 'n bronsmedalje huis toe gebring. Hy het dus in 'n hor kategorie meegeding.

Die Suid-Afrikaanse span, bestaande uit Reboane en Tshepo en vier ander Jujitsu-mededingers (vier mans en 'n dame), het 'n derde plek in die kompetisie behaal en het 'n bronsmedalje verower.

Die Amerikaanse Ope was baie taai en ons mededingers was uiters vernuftig. Maar ons het elke oomblik geniet en baie oor die sport geleer, het Reboane ges.


_________________________________________________________________________________

Die twee atlete, Tshepo Botipe (26 en Reboane Mokolobate (27), hoop om aan die volgende toernooi, Destiny, te kan deelneem wat in Augustus vanjaar in Kaapstad gehou word.

