Kerningenieur by NWU ontvang gesogte toekenning






Potchefstroom - Werner van Antwerpen van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het bewys dat hy 'n ware ambassadeur is toe hy onlangs die Harry Mandill-toekenning vir uitsonderlike meestersgraadnavorsing op die gebied van kerningenieurswese ontvang het.

Van Antwerpen is tans 'n PhD-student in kerningenieurswese by die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese. Hy het sy meestersgraad met lof in dieselfde vakrigting in August 2007 voltooi.
  Hy s dit is werklik n eer om die toekenning te ontvang. Ek is op meer as een wyse gesen. Ek is net die resultaat van die uitnemendheid van opvoeding wat die skool bedoel het om te bereik, het Van Antwerpen ges.  Harry Mandil was een van die stigters van MPR, 'n interdissiplinre ingenieursfirma wat in 1964 gestig is. Die firma het 'n wye internasionale praktyk en het ook onlangs in Suid-Afrika wortel geskiet. Die MPR ondersteun onderrig en navorsing en het die internasionale toekenning in die lewe geroep om die beste meestersgraadstudent in kerningenieurswese te vereer.

Die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese was die eerste om n leerstoel in kerningenieurswese in Suid-Afrika te ontvang en die prestasies hiervan spreek boekdele van die NWU se ywer om baanbrekerswerk ten opsigte van innovasie te doen.

 Van Antwerpen was ook die enigste Suid-Afrikaanse afgevaardigde wat gekies is om deel te neem aan die European Nuclear Education Network Associations (ENEN) International Youth Conference on Energetics in Budapest wat vroeg in Junie plaasgevind het.  Tydens hierdie konferensie is Van Antwerpen ook as een van die drie wenners aangekondig. As deel van die prys is hy genooi om 'n voordrag by n ENEN-konferensie aanstaande jaar in Barcelona te doen.


______________________________________________________________________________________________

Werner van Antwerpen (middel), prof Jat du Toit by Meganiese Ingenieurswese) en prof Maritte Lowes, Viserektor: Akademie.

