Kanselier neem afskeid








Met sy inhuldiging as die eerste Kanselier van die NWU op 14 April 2005 het dr Popo Molefe die samesmelting van die voormalige Universiteit van die Noordwes en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys en die inkorporering van die Sebokengkampus van die Vista-Universiteit beskryf as 'n sterk simboliese handeling van versoening en nasiebou.



Dr Popo Molefe

Hoewel die NWU van vandag geen toonbeeld van volmaaktheid is nie, is dit beslis een van die suksesverhale in die Suid-Afrikaanse horonderwyslandskap, het hy kort voor die verstryking van sy ampstermyn ges. Behalwe dat die Universiteit aangewys is as die bes bestuurde universiteit in Suid-Afrika, het dit ook erkenning ontvang as die Suid-Afrikaanse universiteit wat oor die afgelope 10 jaar die grootste bydrae tot meertaligheid en nasiebou gelewer het.

Verder is die NWU al twee keer  in 2005 en weer in 2008   aangewys as Suid-Afrika se mees tegnologies innoverende horonderwysinstelling.





Volgens dr Molefe was dit gedurende die vyf jaar van sy Kanselierskap duidelik dat die Raad en die Bestuur nie geskroom het om die bul by die horings te pak wanneer dit gekom het by die meer netelige aspekte van Suid-Afrika se sosiopolitieke erfenis nie. Hierdie kwaliteit, tesame met die NWU se kernwaardes van integriteit, toewyding, toerekenbaarheid en respek, gee my hoop vir sy toekoms as 'n model-horonderwysinstelling en 'n prototipe van hoe gemeenskappe saam kan leef, werk, en floreer.

