Beste onnie in land






Potchefstroom - n Student van die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding (SVO) aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU)  is as die nasionale wenner in die kategorie uitmuntendheid in Laerskoolonderrig aangewys.

 Erica Magerman van die Laerskool Aggeneys in die Noord-Kaap het di toekenning van die nasionale onderwysdepartement ontvang. Erica is tans n B.Ed honneursstudent in onderwysbestuur by die SVO.  Sy het haar in 2007 aan die NWU geregistreer en haar gevorderde onderwyssertifikaat deur die Upington Kollege Flexi-program verwerf. Sy het al haar modules met lof geslaag en was die kollege se beste student.



______________________________

Erica Magerman met haar trofee wat sy as beste student tydens n gradeplegtigheid van die NWU verwerf het

Erica is verantwoordelik vir die leerareas, Language, Literacy and Communication vir graad 4 tot 6, asook vir ekonomiese en bestuurswetenskappe vir graad 4. Sy dien op die skool se beheerliggaam, is die skool se  veiligheidskordineerder en verantwoordelik vir die kwaliteitsbestuurstelsel. Sy is ook netbalkordineerder van die Khai Ma-distrik en by talle organisasies in haar gemeenskap betrokke.

Erica is n boorling van Nababeep in Namakwaland en haar matriek aan die Sekondre Skool SA Van Wyk, Bergsig, Springbok verwerf. Sy het haar onderwysopleiding in Kimberley begin en in 1994 haar senior primre diploma ontvang.

 Die Direkteur van SVO, prof Manie Spamer, s hy is baie trots op Erica en dat sy n uitblinkerstudent van die skool is.

