Innovasietoekenning






Die Noordwes-Universiteit (NWU) is gisteraand deur die Innovasiefonds van die department wetenskap en tegnologie aangewys as die mees progressiewe tegnologiese innoverende universiteit vir 2004.

Die NWU het met die prestasie n prysgeld van R500 000 ontvang in die institusionele innovasiekompetisie en was die enigste universiteit wat met al drie sy individuele studente inskrywings onder die twaalf finaliste geindig het.

Die inskrywings van die NWU is: die *intelligente vonkprop en die
* kansgetal generator (albei deur die eenheid vir ruimtefisika) en die * JS1 Revelation  nuwe generasie 18m klas sweeftuig (skool vir meganiese ingenieurswese).

In die nasionale kompetisie het die NWU die tweede prys (R200 000) ontvang vir die intelligente vonkprop. Die Mandela-Universiteit was eerste met nuwe dakboute vir die mynbedryf.

Die intelligente vonkprop word bestempel as n nuwe generasie vonkprop wat die bestaande klos en vonkverdeler vervang. Die nuwe vonkprop maak vonkkrag reguleerbaar.

Die vonkprop is gebasseer op die NWU se MOSFET-patent wat ook in die VSA gepatenteer is. Mnre. Paulus Kruger en Barend Visser (albei is besig met hul doktorsgrade) het die vonkprop onder leding van prof. Ockie de Jager van die eenheid vir ruimtefisika ontwerp terwyl mnr. Gerard Moerdyk as kommersialiseringsfasiliteerder opgetree het.

Die nuwe generasie sweeftuig behels n reeks innoverende verbeterings in die sweeftuig wat veroorsaak die dit verder kan sweef sonder enige hulp. Die slimkoppe agter die nuwe konsep is mnre. Johan Bosman en Riaan de Bruyn wat onder hul studieleier, mnr. Attie Jonker van die skool vir meganiese ingenieurswese, saamwerk met mnr. Uys Jonker, die hoof van JS1, wat saam met die NWU die sweeftuig ontwikkel.

Die kansgetal generator verhoog die doeltreffendheid van sekuriteit in bankstelsels en word suksesvol ingespan in finansile simulasie en rekenaarspeletjies. Die generator is ontwerp deur mnr. Roelf Botha en mnr. Barend Visser. De Jager is ook die studieleier.

Dr. Rudi van der Walt, direkteur vir innovasie by die NWU, het na die toekennings gese universiteite sal nie kan innoveer sonder die hulp van die Innovasiefonds nie. Hy het die fonds geprys omdat hulle uit hul pad gaan om te help met die oordrag van tegnologie en die bevordering van innovasie.

Vir meer inligting skakel asb. dr. Rudi van der Walt of me. Ilse Louw by 018 299 2857 of 018 299 1366.





