Rektor kuier op geboortedorp van die Puk






Potchefstroom - Prof Annette Combrink, rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en ander lede van die kampusbestuur het onlangs teruggestap op die geskiedkundige pad na waar die eerste plantjie van die Puk geplant en begin groei het.

Die bestemming was Burgersdorp, die plek in die Oos-Kaap waar twee dosente en vyf studente 140 jaar gelede aan die werk gespring het n n besluit van die Gereformeerde Kerk om n teologiese skool te begin. Eenvoudig en met net die allernodigste is lesse op 29 November 1869 in buitegeboutjie agter die pastorie vir die eerste keer aangebied.


Die kuier in Burgersdorp het onder meer n renie met oudstudente van die omgewing en n welwillendheidsbesoek aan mnr. William Ngoqo, die burgemeester, ingesluit. Die groot hoogtepunt was egter die draai wat gemaak is by die geskiedkundige kultuurhistoriese museum waar die ontstaan van die teologiese skool op indrukwekkende wyse uitgebeeld word.

Die NWU se personeellede by die argief en museum het die afgelope tyd hard gewerk aan n nuwe ontwerp om die ontstaan van die universiteit uit te beeld. Die nuwe uitstalmateriaal is nou voltooi en keurig in die museum geplaas om die ontstaansgeskiedenis in Burgersdorp ten toon te stel.
Prof  Combrink het voorts n spesiale uitgawe van die Bybel wat die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (GKSA) vanjaar ter viering van hul 150ste bestaansjaar uitgee, asook n eksemplaar van die dagboek van prof. Dirk Postma, eerste leeraar by die teologiese skool en stigter van die GKSA, aan mnr. Gerhard Coetsee, voorsitter van die museum se trusteeraad, oorhandig.

Onder die groep besoekers was ook proff Maritte Lowes, Viserektor vir Aakademie, Jan Swanepoel, Dekaan van Lettere en Wysbegeerte, Dries du Plooy, Dekaan van Fakulteit Teologie, mnre Tom Larney, Hoof van die Ferdinand Postma-biblioteek, Theo Cloete, Direkteur: Bemarking en Kommunikasie, Jan Schutte,Hoof van Tegniese Dienste, mevv Annette Kellner, Johanna Bornman en mnr Jaap Verhoef, almal van die NWU se argief en museum.                                                              



_______________________________________________

Met di besoek is die feesvierings om die 140ste bestaansjaar van die universiteit amptelik afgeskop. Die Potchefstroomkampus se kalender vir die res van die jaar is propvol ander geleenthede wat beplan word om die veertien dekades te vier. Onder meer is die relings op koers om die Totius-standbeeld op die kampus te verwelkom. n Studentegedenkmuur word ook in die vooruitsig gestel.

 

