Rektor vat hande met gestremdes






Mafikeng  Die Rektor van die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Dan Kgwadi, het onlangs `n dag in sy besige skedule afgeknyp om saam gestremde studente op die kampus te kuier.



Die idee was om te sien watter fasiliteite op die kampus aandag moet geniet  wanneer die opgraderingsproses begin. Die datum van die opgraderingsproses is nog nie bekend nie. Die Kampusrektor, saam met  me Vida Mutlaneng, kordineerder van die Eenheid  vir  Gestremdheid, en liggaamlik gestremde studente het die kampustoer aangepak. Hy was vir die hele duur van die toer in `n rolstoel om te ervaar hoe gestremdes se dae op die kampus verloop.

Die Rektor sal nou `n duidelike prentjie aan die kampusbestuur kan skets om die kampus so toeganklik as moontlik vir gestremde studente te maak. Dit is nog nie duidelike watter fasiliteite op die kampus vir opknapping identifiseer is nie.
_______________________________________
Foto: Prof Dan Kgwadi, Rektor van die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), saam mnr  G Rasello

