Jong mense gee om, wys PUKfm se Community Cuddle






Potchefstroom - Die radiostasie van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), PUKfm, het die afgelope tyd n vindingryke projek op tou gesit om klere vir minderbevoorregte kinders in die Potchefstroom-omgewing in te samel.

In hierdie projek is die leerlinge van onderskeidelik Hor Volkskool en Potchefstroom Gimnasium aangespoor om groot kartondose met klere wat nie meer gedra word nie te vul. In ruil daarvoor het die onderskeie skole n tydgleuf op PUKfm losgeslaan vir die nuwe Skolie Show.

Die leerlinge het voorwaar hul allerbeste gegee en meer as vyftig groot kartondose vol nuttige klere is op di wyse bymekaargemaak. S het hulle verseker dat drie gekose leerlinge van elke skool tydens die komende wintervakansie opleiding kry by PUKfm om volgende semester deel te vorm van die aanbiederspan van die Skolie Show. Skoliere in die omgewing vorm n groot deel van die luisteraarstal van die radiostasie.

Volgens Liomee van der Merwe, bestuurslid vir gemeenskapskakeling en aktuele sake van PUKfm, is ontwikkeling en skakeling met die gemeenskap vir hulle as n gemeenskapradiostasie n belangrike doelwit. Die projek om tieners bewus te maak van ander jong mense wat met baie min tevrede moet wees, het hieruit ontstaan en is Community Cuddle gedoop. Nog n doelwit is om jong mense op te lei in die radiowese.

Die skole het elk sowat twintig kartondose gekry om te vol te maak, maar het alle verwagtings oortref toe daar uiteindelik meer as vyftig ingesamel is. Drie ligte vragmotorvragte vol! Onder meer het Volkies het met vindingrykheid vorendag gekom toe hulle spesiaal n Sivvie-dag gehou het om leerlinge aan te spoor om klere te skenk. Hierdeur het Volkies vir hulle drie maande verseker met uitsendings oor hul skool en Gimmies het gesorg dat daar vir n maand lank van hulle gehoor sal word.

Die musiek en die programformaat sal deur die leerlinge uitgewerk word in samewerking met die programbestuur van PUKfm.

Die klere is verlede week versprei  onder meer aan die Hope Village en Koningskinders in die omgewing. Nog klere sal onder projekte van Studente Jool Gemeenskapdiens (SJGD) versprei word.

PUKfm het vanjaar verskeie gemeenskapsprojekte geloods. Lede het aan Blikkieskosdag deelgeneem en geld en artikels aan n arm kleuterskool geskenk deur sowat n duisend pannekoeke te verkoop. Die stasie was ook deel van Kansa se Relay for Life.



Meyer Conradie van Hope Village het hope klere gekry vir mense wat deur die sentrum bygestaan word. By hom is Liomee van der Merwe, PUKfm se bestuurslid vir gemeenskapskakeling en aktuele sake.

