Oud-Pukke in nasionale rugbyspanne






Potchefstroom  - Verskeie oudstudente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is onlangs  in nasionale rugbyspanne of oefengroepe ingesluit.

Die heel beste prestasie is di van Deon van Rensburg wat as senter in die opkomende Bokke se span ingesluit is vir die wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus op 23 Junie.

Van Rensburg spog met 'n meestersgraad in farmasie en het ook vir die Rugbyinstituut uitgedraf. Hy is tans 'n voltydse rugbyspeler wat ook vanjaar Super 14-rugby vir die Lions gespeel het. Hy was n leerling van die Hor Tegniese Skool (HTS) Potchefstroom.

Albei Deon se ouers werk ook by die Potchefstroomkampus. Sy ma, Christelle, is die senior administratiewe assistent wat die finansies van die skool vir kurrikulum gebaseerde studies (opvoedingswetenskappe) hanteer en sy pa, Dawid, werk by inwoning en voedseldienste (IVD).

Nog twee spelers is in die span ingesluit. Franco van der Merwe het lank vir die Instituut en die Luiperds gespeel voor hy na die Goue Leeus gegaan het. Losskakel Burton Francis is eintlik deur die Instituut "ontdek", maar is na sy eerste jaar met groot geld na die Blou Bulle gelok.

 'n Vorige kaptein van die Rugbyinstituut, Wilhelm Koch, is nader getrek vir 'n opkomende Bokke 7's oefengroep wat 10 June tot 13 Junie in Stellenbosch plaasgevind het. Jovan Bowles van die Luiperds is ook in die groep.



Deon van Rensburg

