Vier en sestig MBA-grade toegeken






Potchefstroom  Die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 64 meestersgrade in Besigheidsadministrasie (MBA) toegeken.

Tydens di geleentheid het die PBS erkenning gegee aan verskeie MBA-studente vir hul uitmuntende prestasies en harde werk oor die drie jaar. Elke graduandus is goud werd vir die PBS en ons beste wense vergesel elkeen op sy/haar loopbaan vorentoe in die sakewreld, het me Marilize Minne, skakelbeampte verduidelik.

Mnr Christo Vorster is aangewys as die toppresteerder met die beste akademiese prestasie oor die drie MBA-studiejare. Mnr Vorster het die Ou Mutual Goue Medalje vir sy uitsonderlike prestasie ontvang. Mnr Theuns Truter van Ou Mutual het die medalje oorhandig.

Mnr Peet Brits is aangewys as die presteerder met die beste skripsiepunt, met n gemiddelde van 83%, en het n silwer medalje van die Professional Provident Society  (PPS) ontvang. Mnr JC Vorster, die verteenwoordiger van die PPS se Potchefstroomtak, het die medalje aan hom oorhandig.

Verskeie sertifikate vir die uitsonderlike prestasies in die onderskeie vakgebiede is deur prof Maritte Lowes, Viserektor: Akademie en prof Tommy du Plessis, Direkteur van die PBS aan die graduandi oorhandig.

Die direkteur van die besigheidskool, prof Tommy du Plessis, het ges die PBS is baie trots om leiers van n ho gehalte op te lei en te weet dat elkeen in die toekoms n besondere bydrae op hul gebied sal lewer.



Prof Maritte Lowes (Viserektor: Akademie van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit), mnre Christo Vorster (gouemedalje-wenner van Ou Mutual), Frik Vermaak (Alumni-voorsitter) en prof Tommy du Plessis (Direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool).

