Graduandi beloon tydens herfsgradeplegtigheid






Vanderbijlpark   Meer as 600 diplomas en grade is tydens die herfsgradeplegtigheid van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aan verdienstelike graduandi toegeken.

Die gradeplegtigheid het oor `n tydperk van drie dae by die Quest Conference Estate plaasgevind en het die toekenning van ses doktorsgrade ingesluit. In sy boodskap aan die graduandi het die Kampusrektor, prof Piet Prinsloo, `n kort oorsig oor die profiel van die NWU gegee en daarop gewys dat `n kwalifikasie van die NWU `n kwaliteitkwalifikasie is wat nie net getuig van akademiese uitnemendheid nie, maar wat ook internasionaal erken word.

Die horonderwys-landskap in Suid-Afrika bestaan uit 23 universiteite en volgens prof Prinsloo ontvang die NWU 5.2% van die nasionale regering se begroting vir horonderwysinstellings  hierdie befondsing verteenwoordig 41% van die NWU se totale begroting. Die Vaaldriehoekkampus spog in 2009 met `n studentetal van 4 000 geregistreerde studente, en volgens die kampusrektor is die aantal studente `n aanduiding van die gesonde groei van die kampus.

In 2008 is 126 878 diplomas en grade nasionaal toegeken, waarvan die NWU `n totaal van 11 345 toegeken het  verteenwoordigend van 8.9% van die nasionale totaal. Laasgenoemde gee aanleiding daartoe dat die NWU tans as die derdebeste universiteit in die land gereken word. Volgens prof Prinsloo beklee die Universiteit een van die vyf topposisies landwyd vir sover dit onderrig-leer betref en is die NWU agste ten opsigte van navorsingsuitsette. In die kategorie vir innovasie beklee die NWU met trots die posisie as een van die beste universiteite in die land.

Die tema van die kampusrektor se toespraak aan die graduandi was dat verandering nie net `n gegewe is nie, maar dat verandering elke individu voor `n persoonlike keuse stel. Jy kan f verandering as negatief beskou en stagneer f jy kan verandering pro-aktief benader en in die proses `n verskil in jou professie of omgewing bewerkstellig. As graduandi het elkeen van julle die potensiaal om agente vir verandering te wees, verduidelik prof Prinsloo, en voeg by dat daar in die strewe om sukses ook `n geleentheid is om `n verskil te maak, en van die wreld `n beter plek.

Gradeplegtigheid 1.jpg
Me EM Bartie was een van die graduandi aan wie 'n kwalifikasie tydens die herfsgradeplegtigheid toegeken is. Sy het `n nagraadse onderwysdiploma (NGOS) verwerf. Die Kampusregistrateur, me ME Steyn, het die fakulteitsbande oorhandig.



Die President van die Studenteraad (SR), Siphiwe Mbatha, het die graad Baccalaureus Commercii (BCom) verwerf. Die Kampusregistrateur, me Elbie Steyn, het die fakulteitsbande oorhandig.

