Oudstudent maak stem dik in Kanada






Vanderbijlpark - Die alumnikorps van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs geskiedenis gemaak toe die 4 000ste naam by die databasis van oudstudente gevoeg is  `n merkwaardige prestasie, veral as daar in ag geneem word dat die alumnikantoor nog net drie jaar op die kampus bestaan.

Ng `n pluimpie vir die alumni van die Vaaldriehoekkampus is die feit dat daar reeds `n groot getal oudstudente is wat internasionaal vir hulself naam gemaak het en so hul alma mater buite landsgrense verteenwoordig.

Een van hierdie internasionale uitblinkers is dr Wynand Steyn, wat onlangs as die assistent-adjunkminister in die Ministerie van Omgewing in die Regina Saskatchewan-streek in Kanada aangestel is. Hy het op 19 Mei 2009 in die pos begin.

Dr Steyn is `n boorling van Vereeniging (waar sy ouers en skoonouers steeds woonagtig is) en het in 2001 na Kanada gemmigreer, waarna hy in 2005 volle Kanadese verblyfreg ontvang het. In 1986 verwerf hy die graad BCom aan die NWU en in 2000 voltooi hy sy meestersgraad ook aan di Universiteit. Volgens dr Steyn het hy sy doktorsgraad onder unieke omstandighede verwerf en hy verduidelik dat hy ten tye van sy PhD-aansoek reeds in Kanada gewoon het en dat prof Pierre Lucouw (Direkteur: Skool vir Rekeningkunde) homself bereid verklaar het om as promotor op te tree. Ek is baie dankbaar vir die geduld wat hy (prof Lucouw) aan die dag gel het, vertel dr Steyn, en voeg by dat die enigste kontak wat hy en sy promotor in daardie tyd met mekaar gehad het, e-posboodskappe was.

Volgens dr Steyn sluit sy huidige pligte onder meer die bestuur van finansies, inligtingstegnologie, personeel, brandvoorkoming en -bestryding asook kommunikasie in. Die einddoel is om die ministerie te help om na `n resultaat-gebaseerde besigheidsomgewing te groei, verduidelik dr Steyn en voeg by dat hy direk aan die adjunkminister rapporteer. Dr Steyn is `n kenner op die gebied van plaaslike owerheidsbestuur en -beplanning en het ook vroer by Sasolburg en Vereeniging se munisipaliteite gewerk.



___________________________________________________________________
Dr Wynand Steyn

