NWU gerekende leiers in die veld van kerningenieurswese






Potchefstroom - n Doktorsgraadstudent in kerningenieurswese aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is pas aangewys as die enigste Suid-Afrikaner wat die land op n internasionale konferensie oor energetika sal verteenwoordig.

 Werner van Antwerpen sal die land verteenwoordig by die European Nuclear Education Network Association (ENEN) se internasionale konferensie op 5 Junie in Boedapest, Hongarye.  Die NWU is die eerste tersire instansie buite Europese grense wat as lid van ENEN aangewys is en Van Antwerpen is die enigste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger wat deur ENEN-lede en beoordelaars gekies is om aan die konferensie deel te neem.

Die NWU is ook die eerste Suid-Afrikaanse universiteit wat `n leerstoel in kerningenieurswese by die Departement van wetenskap en tegnologie, asook die PBMR (Pebble Bed Modular Reactor) ontvang het.

Die Skool vir kerningenieurswese is sinoniem met baanbreker innovasie en Van Antwerpen se PhD studie is geen uitsondering nie. Ek wil skanse afbreek en mense se verwysingsraamwerk vergroot. My passie is om die skakel tussen die sakewreld, energie-prosesse en Greenpeace te wees, s Van Antwerpen.

 Sy respek vir Greenpeace se stigters, dr Patrick Moore en mnr James Lovelock, tesame met die universiteit se posisionering om uitstekende, ho kwaliteit opleiding te verskaf en sy beplande MBA studies by Hult Internasionale Besigheidskool in die VK en VSA sal Van Antwerpen met al die nodige hulpbronne en determinasie toerus om `n verskil te maak.

Die Fakulteit Ingenieurswese se deskundigheid is die resultaat van legio substansile navorsingsprogramme ter ondersteuning van die PBMR-projek, waarop meer as vyftig nagraadse studente tans hul studies toespits. Die PBMR is in 1999 gestig met die doel om `n kleinskaalse ho temperatuur reaktor nasionaal en internasionaal op te rig en te bemark. Die PBMR is `n ho temperatuur reaktor (HTR) met n helium verwante geslote-siklus gasturbine kragoorskakelingsisteem. Hoewel dit nie die enigste HTR is wat tans in die wreld ontwikkel word nie, is die Suid-Afrikaanse projek op skedule om die eerste kommersile skaal HTR in die energieopwekkingsindustrie te wees. 

Van Antwerpen se aanbieding by die internasionale jeugkonferensie fokus op die "Modellering van die effektiewe termiese konduktiwiteit in die wand-area van n gepakte korrelbed". Di onderwerp is van uiterste belang omdat hierdie uitvindsel n belangrike deel uitmaak van die selfreagerende hitteverwyderingsskakel wat direk verband hou met die PBMR se veiligheidsaak. Standaard korrelasies wat gebruik word deur die algemene termiesevloeigemeenskap vir die korrelbedreaktore word ondersoek. Daar word ook spesiale aandag geskenk aan die toelaatbare speling wat van toepassing is vir die korrelasies wanneer die wand-area se termiese konduktiwiteit gesimuleer word.

Die resultate van hierdie studie word getoets by die NWU se fasiliteite, `n korrelbed mikromodel wat ses jaar gelede opgerig is. Die ho temperatuur toetseenheid (HTTE) en die ho druk toetseenheid (HDTE) vorm deel van die hitteoordragtoetsfasiliteit (HOTF). Navorsing wat vir die PBMR uitgevoer word by hierdie fasiliteite is van nasionale belangrikheid vir ons poging tot volhoubare energiebronne, s dr Johan Slagger, hooftegnologiebeampte by die PBMR.

Die HDTE is `n eerste in sy soort projek. Die toetse op die HTTE skei die termiese hidroliese effekte in die korrelbedreaktore wat voorheen nie gevalueer kon word nie. Dit demonstreer ook die vermo van Suid-Afrikaners om aanlegte met oorleg op te rig om sodoende ? beter toekoms vir almal te verseker.

Van Antwerpen is geesdriftig oor die alternatiewe toepassings van kerningenieurswese. Hy voel dat hierdie veld te gereeld uitsluitlik met energieopwekking geassosieer word en dat kernenergie se toepassings baie verder strek as blote energieopwekking. Die hitte wat gegenereer word van die kernprosesse kan ook gebruik word om waterstof te produseer wat as alternatiewe energiebron gebruik kan word as brandstof in motorvoertuie. Die resultaat hiervan is ? omgewingsvriendelike voertuig wat water as byproduk het in plaas van vernietigende koolstofgasse.

In die verlede is kernkrag geassosieer met oorlogvoering, my droom is om die wanpersepsies rondom kerningenieurswese te breek en `n produk te ontwikkel wat sal sorg vir `n veiliger, skoner Suid-Afrika, s van Antwerpen.





Die ho temperatuur toetseenheid (HTTE) by die Skool vir Kerningenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).



Werner van Antwerpen.

