SIFE verenig Universiteit studente






SIFE- (Students In Free Enterprise-) NWU het onlangs die feit gevier dat dit tans die enigste studentegedrewe organisasie is wat op al drie kampusse van die Noordwes-Universiteit (NWU) bestaan.

SIFE het vyf jaar gelede op die Potchefstroomkampus begin, maar sluit nou ook lede van die Mafikeng- en Vaaldriehoekkampus van die NWU in. Die Potchefstroomse SIFE-span het die Vaaldriehoekkampus aan die einde van 2008 besoek. By hierdie geleentheid is twee en twintig studente gewerf, en op 26 Maart 2009 is n verdere 13 studente tydens n besoek aan die Mafikengkampus gewerf. Maribe Mamabolo is tans die voorsitter van SIFE-NWU, en Charl Muller die visevoorsitter.

Volgens prof Japie Kroon, programleier vir entrepreneurskap in die Skool vir Ondernemingsbestuur aan die Potchefstroomkampus en fakulteitsraadgewer vir SIFE-NWU, is die NWU-studente toegewyd en werk hulle hard om hulleself en die gemeenskappe waarin hulle woon, te verbeter. Dit word gedoen deur hulpbronne en vaardighede te kombineer en geskiedkundige verskille agter te laat om saam vorentoe te beweeg en n Universiteit te word wat werklik die slagspreuk van die NWU, Innovasie deur diversiteit, omarm.

SIFE is n wreldwye organisasie wat aan 1 600 universiteite in 47 lande funksioneer en n betekenisvolle bydrae tot n beter wreld lewer deur die lewens van meer as 4 miljoen mense wreldwyd te raak. SIFE-studente kyk na besigheids- en ekonomiese kwessies deur spanprojekte wat gebaseer is op die ses pilare van SIFE, naamlik die markekonomie, suksesvaardighede, entrepreneurskap, finansile geletterdheid, sake-etiek en volhoubaarheid. Studente wat aan SIFE-projekte deelneem ontvang n SIFE-sertifikaat wat baie waardevol is vir diegene wat werk soek, aangesien groot borge en besighede SIFE-studente aktief werf. Besoek die SIFE-webblad vir meer inligting: www.sife.org (Link: http://www.sife.org).

Die Potchefstroomkampus se SIFE-span het in Julie 2008 aan die nasionale SIFE-kompetisie deelgeneem en derde in hulle afdeling geindig en daarmee vyf trofe en die toekenning vir Fakulteitsraadgewer van die jaar gewen. Die uiteindelike wenner was die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Die NWU se SIFE-span berei nou voor vir die volgende nasionale kompetisie wat in Julie plaasvind, en het ho verwagtinge om hierdie jaar selfs beter te vaar met verskeie nuwe projekte.






Van links na regs is prof Japie Kroon, die Potchefstroomkampus se fakulteitsraadgewer, en prof Kobus Cronj, Fakulteitsraadgewer van die Mafikengkampus.





SIFE-NWU se Potchefstroomkampus-lede en die nuwe lede van die Mafikengkampus tydens hulle onlangse besoek.

