Lighting a candle in a world of darkness






Potchefstroom - Dosente van die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding (SVO) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het besluit om die ekstra myl te stap om twee blinde studente met hul eksamen-aflegging te help.

Me Hettie Sieberhagen, n dosent by di Skool, s n fasiliteerder in Giyani, me Jean Cumming, het hulle in 2006 vertel van twee blinde studente wat vir die nasionale professionele onderwysdiploma geregistreer het. Mnre Ben Ngobane en Laurence Ntshani was destyds albei onderwysers by die Rivoni Society for the Blind naby Elim-hospitaal in Limpopo.

Sy s aangesien die program inklusiewe onderwys insluit, het hulle besluit om di studente te help. Die SVO se administratiewe medewerker, Open Learning Group in Johannesburg, het onderneem om twee dosente wat verantwoordelik is vir die erkenning van vorige leer (recognition of prior learning) na Giyani te stuur om die studente se portefeuljes te evalueer. Albei het baie goed gevaar en daar is besluit om die studente se werk op band te laat lees en is aan hulle gestuur.

Me Sieberhagen s die studente het hulle werkstukke ingestuur en hul eksamen op Braille-tikmasjiene afgel. Di werk is deur die vereniging vir blindes oorgetik en aan die SVO gestuur. Albei het hulle eerste jaar goed geslaag.
Volgens me Cumming het di studente se portefeuljes weer geevalueer voordat hulle met hulle derde jaar kon voortgaan. Albei se werk is weer op band gelees en aan hulle verduidelik.

 Me Sieberhagen s n onderhandeling met die skool se bestuur en Open Learning Group is daar besluit om die studente mondeling te eksamineer.
 Mnr Ntshani is intussen na n ander skool, Bosele School for the Blind an Deaf, sowat 43km oos van Groblersdal, waar hy Braille, rekenaartik en Engels gee. Ngobane is steeds by Rivoni waar hy Braille onderrig.

Albei studente was weer eens goed voorberei en het hulle eksamens suksesvol afgel. Sieberhagen s albei het n laaste skof van hulle derde jaar oor en sal weer in Oktober in hul eie omgewing mondelinge eksamen afl.
  Dit is werklik n kosbare ondervinding om in hierdie omgewing te kom en hierdie mense se positiewe gesindheid te ervaar, s me Sieberhagen.





 Hier is personeel van die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding by Bosele School for the Blind and Deaf tydens mnr Laurence Ntshani se mondelinge eksamen. Agter is mee Nozi Kgati, Charlene Brits en mnr Phillip Modisakeng. Voor is mnre James Varughese, Ntshani en me Hettie Sieberhagen.




Mnr Ben Ngobane (voor in die middel) het sy mondelinge eksamen by die Rivoni Society for the Blind in Limpopo afgel. By hom is personeel van die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding. Weerskante van hom is mee Nozi Kgati en Hettie Sieberhagen. Agter is mnr Phillip Modisakeng en me Charlene Brits.

