Biosafety South Africa gee geld vir mielienavorsing






Potchefstroom - n Navorsingstoekenning is aan die Skool vir omgewingswetenskappe en ontwikkeling op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) oorhandig om die impak van geneties gemodifiseerde (GM) Bt-mielies op nie-teikenorganismes te ondersoek.

Prof Johnnie van den Berg van di skool sal die navorsing vir Biosafety South Africa lei.  Prof van den Berg is een van die land se prominentste entomolo en het reeds n goeie baanrekord in GM-verwante bioveiligheidsnavorsing opgebou het.

Prof van den Berg s Bt-mielies verwys na mielies wat geneties gewysig is om die insekdodende proteen van die bacterium Bacillus thuringiensis (Bt) te produseer, wat die GM-mielies meer insekweerstandbiedend maak.

Hy s die tweejaar-projek sal ondersoek instel na die moontlike uitwerking van Bt-mielies op geselekteerde nie-teikeninsekte, erdwurms en amfibie wat direk of indirek aan die Bt-insekdodende proteen (wat deur die GM-mielies geproduseer word) blootgestel is.

Suid-Afrika is die agtste grootste gebruiker van GM-gewasse in die wreld, met meer as 1,8 miljoen hektaar GM-mielies, katoen en sojabone wat jaarliks in die land geplant word. Verder beslaan Bt-mielies 51 persent of 1,34 miljoen hektaar van die totale beplante mieliegebied.

Biosafety South Africa is ? nuut gestigte nasionale tegnologieplatform wat deur die nasionale departement van wetenskap en tegnologie gestig is om innovasie in biotegnologie te ondersteun deur die ontwikkeling van veilige, volhoubare biotegnologiese produkte te verseker. Die hoofdoel van Biosafety South Africa se navorsingsprogram is om die vereiste inligting en vaardighede te ontwikkel om die nasionale regulerende raamwerk vir geneties gewysigde organismes (GMOs) te ondersteun.

Prof van den Berg s etlike van die spesies wat in die projek ondersoek sal word, sal die eerste data ooit in die wreld oor hierdie spesifieke interaksies genereer en sal van onskatbare waarde wees vir toekomstige omgewingsrisiko-assesserings. Die projek bied verder die geleentheid om kapasiteit in bioveiligheid-navorsing in Suid-Afrika te bou deur beurse aan vier nagraadse studente te bied.



Prof Johnnie van den Berg en sy span wat die navorsing vir Biosafety South Africa gaan doen. Van links is prof van den Berg, Marlene Kruger, Emil Engelbrecht, Jean-Mar Truter, Danie Brink, Martijke Coetsee en Rozelle Keulder.

