Sportdinee 'n jaarlikse instelling






VANDERBIJLPARK  Die Sport Afdeling van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs geskiedenis gemaak met die aanbied van die eerste prestige Sportdinee.

Tydens di spoggeleentheid is daar erkenning gegee aan verskeie prestasies wat op die sportveld behaal is. Volgens mnr Sean McCallaghan, Sportbestuurder, sal hierdie geleentheid 'n jaarlikse instelling word en sal kleure en ere-kleure aan verdienstelike spanne en individue toegeken word.

Die Suid-Afrikaanse krieket-legende en Stellavista-voorsitter, dr Ali Bacher het 'n spesiale boodskap aan die sportmanne en vroue gestuur en dit gestel dat sport 'n belangrike rol in enige gemeenskap speel, ook binne die grense van 'n universiteitskampus. Die gees van goeie sportmanskap en die kompeterende aard van sport maak van elke deelnemer 'n ambassadeur van eenheid het dr Bacher ges.

In sy toespraak het die Kampusrektor, prof Piet Prinsloo die sportmanne en  vroue gelukgewens met die merk wat hulle op die sportveld maak en dat di toekenningsgeleentheid  'n gepaste manier is om ook die kampusgemeenskap se erkenning oor te dra.

Elkeen van die sportmanne en vroue wat vanaand vereer word verdien om op die wennerspodium te staan, het prof  Prinsloo ges en bygevoeg dat sport op die kampus van krag tot krag gaan omdat die deelnemers gemotiveerd is en met trots die Universiteit verteenwoordig.

Vyf spesiale toekennings is tydens die dinee gemaak en het ook die hoogtepunt van die aand verteenwoordig. Die toekennings is: Sportman van die Jaar (Wilfred Mandiza), Sportvrou van die Jaar (Nadia Pretorius), Afrigter van die Jaar (Reginah Motuang), Belowendste Sportman (Nuno Rodriques) en Belowendste Sportvrou (Dimakatso Moloma).
Enige span in enige sportsoort  wat aan 'n amptelike Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA)-reeks deelneem kwalifiseer vir kampus kleure terwyl ere-kleure toegeken word aan spanne of individue wat in die top drie posisies by 'n USSA-reeks eindig. Dit geld ook vir sportlui wat provinsiale - of nasionale kleure verwerf.






Vyf spesiale toekennings is tydens die eerste Sportdinee van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gemaak.






Die Vaadriehoekkampus se  Verteenwoordigende Studenteraadsvoorsitter, Siphiwe Mbatha het gewys dat hy ook op die sportveld gesag afdwing. Siphiwe het kampus-kleure ontvang vir sy deelname in die onlangse Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA) Liggaamsbou-toernooi. Mnr Harm Stavast het as die seremoniemeester opgetree terwyl die Kampusrektor die toekennings oorhandig het.




Lede van die Kampusbestuur saam met die trofe-wenners. Van links na regs is: Mnr Jacob Simango (Direkteur: Studente Sake), mnr Bertie Visser (Hoofdirekteur: Finansies en Fasiliteite), mee Dimakatso Moloma, Elbie Steyn (Kampusregistrateur), mnr Harm Stavast (Direkteur: Studente Ontwikkeling), mnr Wilfred Mandiza, prof Piet Prinsloo (Kampusrektor), mev Reginah Motaung, mnr Sean McCallaghan (Sportbestuurder), me Nadia Pretorius en mnr Nuno Rodriques.

